Welkom by die Skool vir Geneeskunde
Die Skool vir Geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria het ontstaan vanuit die vorige Fakulteit Geneeskunde wat in 1943 gevestig is. Die eerste groep van 57 studente het hul graad in 1948 voltooi. Dit demonstreer die Skool se ryke erfenis van geneeskundige ondervinding en toewyding tot die opleiding van toekomstige dokters.
Die Skool bied opleiding vir die volgende kursusse aan:
Besonderhede oor hierdie kwalifikasies kan op hierdie webwerf gekry word deur die skakel vir Akademiese Programme aan die linkerkant te gebruik, in die Universiteit van Pretoria se jaarboek of op die webwerf vir voornemende studente in die veld van geneeskunde.
Sie Skool word deur 'n Uitvoerende Komitee bestuur wat elke twee jaar gekies word. Die huidige lede is:
- Prof BG Lindeque (Voorsitter van die Skool)
- Prof L Dreyer
- Prof M Kruger
- Prof JH Meiring
Die Skool huisves 28 akademiese departemente en sewe akademiese afdelings. Opleiding word by verskeie opleidingsterreine aangebied, insluitend die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se fasiliteite, Die Steve Biko Akademiese Hospitaal, Kalafong Hospitaal, Tshwane-distrik Hospitaal en die fasiliteite van die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens.
Die Skool se opleidingsprogramme is deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geakkrediteer.

|