English |  Afrikaans |    
  
Voornemende studente

Nasionale Normtoets (NBT)

Die Universiteit van Pretoria gebruik tans die Nasionale vir keuring- en toelatingsdoeleindes. 
 

Sommige fakulteite vereis dat voornemende studente die NBT aflê in die jaar voordat hul studies begin. Die toets is verpligtend vir applikante wat aansoek doen vir toelating tot die fakulteite Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde om die NBT voor 8 Julie af te lê as deel van die keuringsproses. Die uitkoms van die toets lewer inligting wat van hulp is met die plasing van applikante in toepaslike kurrikulêre bane (byvoorbeeld gewone of langer/ vierjaarprogramme). Dit meet die vermoë van voornemende studente om hul begrip van akademiese en kwantitatiewe geletterdheid en wiskundige vermoë oor te dra na die eise wat deur tersiêre kursusse gestel work.


Raadpleeg asseblief die webwerf van die Nasionale Normtoets (NBT) vir die jongste inligting rakende die datums en lokale van toetse, registrasieprosedures en betalingsopsies.

Vind meer oor die NBT
NBT Official Brochure

Kontakinligting
Tel: +27 (0)21 650 3523
Webwerf: www.nbt.ac.za