University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
TuksSport

TuksKrieket: Tuks 1 wen Nasionale Klubkampioenskap

Deur Morris Gilbert

Gelaai op 29 April 2012

ďOns was die wenners van elke beskikbare titel en trofee, en dit maak ons Nommer 1!Ē was die kommentaar van ín ekstatiese Pierre de Bruyn, Assupol Tuks 1 se Hoofafrigter, nadat sy span in die 2012 Nasionale Klubkampioenskap, waarvan die eindwedstryd op Saterdag 28 April op Supersportpark gespeel is, ín oortuigende oorwinning van ses paaltjies oor Maties behaal het.

“Ons oorwinning oor Maties was die kersie op die koek en beteken dat ons nou daarop aanspraak kan maak dat ons die beste Suid-Afrikaanse krieketklub is. In ʼn enkele seisoen was ons die wenners in die USSA (in Desember) en het ons ons NKU-titels (Premierliga en T20 Uitkloptrofee) suksesvol verdedig. Deur by die Nasionale Klubkampioenskap met die louere weg te loop, het ons ʼn merkwaardige suksesverhaal afgesluit,” het De Bruyn bygevoeg.

“Die beste ding omtrent ons vertoning tydens die Klubkampioenskap was dat ons onoorwonne was na ʼn uiters taai gelykopspel (waartydens ons al ses wedstryde gewen het), en dat dit Maties was wat in die finaal die knie voor ons moes buig. Ons herinneringe aan die uitslag van die finaal in die 2012 Universiteitsbekerkompetisie is nog vars in ons geheue en het die oorwinning oor ons belangrikste teenstaanders nog meer spesiaal gemaak. Wat ʼn ondervinding was dit nie om in minder as ’n maand twee keer teen hulle te wen nie, en dit nogal in twee verskillende sportkodes!”

De Bruyn het ook gesê dat hy verootmoedig is deur Assupol Tuks 1 se merkwaardige prestasie oor die afgelope twee seisoene en het daaraan toegevoeg: “Ons het werklik ontwikkel tot ʼn formidabele eenheid met ʼn onwrikbare begeerte om te wen, wat die gevolg is van ʼn gesamentlike poging deur die spelers en spanbestuur. Dit is danksy elke individu se unieke bydrae dat ons kan spog met statistieke soos dat ons geen van ons laaste 50 Premierligawedstryde verloor het nie en in twee opeenvolgende seisoene die enigste onoorwonne span in T20 Uitkloptrofeekrieket was.”

• Hierdie sukses op die krieketveld het saamgeval met TuksSokker se vaandeldraer, AmaTuks, se voortgesette goeie vertoning in die NFD. Hulle oorwinning van 2-1 teen Vasco het verseker dat AmaTuks boaan die punteleer en binne bereik van die gesogte PSL-status gebly het.

• Tydens die USSA-kampioenskap in Johannesburg het Tuks se damesatlete getriomfeer en het TuksAtletiek in die algehele derde plek geëindig.


Bookmark this page: