English |  Afrikaans |    
  
TuksSport

TuksRoei se span wen Olimpiese goue medalje

Deur Morris Gilbert

Gelaai op 02 Augustus 2012

James Thompson, John Smit, Matthew Brittain en Lawrence Ndlovu
James Thompson, John Smit, Matthew Brittain en Lawrence Ndlovu

Span SA en TuksRoei se Liggewigvier in die mansafdeling, Matthew Brittain, Lawrence Ndlovu, John Smith en James Thompson, het met ’n wentyd van 06:02:84 minute ’n goue medalje by die 2012 Olimpiese Spele in Londen ingepalm.

Suid-Afrika se span het skitterend ingehaal nadat hulle 500 m voor die wenstreep van die 2 km-wedren in die vyfde posisie was.
 
Die spanne van Groot Brittanje (06:03:09 min) en Denemarke (06:03:16 min) het onderskeidelik die silwer en goue medaljes ontvang.
 
Mnr Kobus van die Walt, Direkteur van TuksSport, se reaksie op die goeie nuus was: “Dit was ‘n ongelooflike vertoning. Hulle het kopgehou en deurgedruk toe dit van kritieke belang was. Ons is besonder trots op hulle en hulle sal by hul terugkeer soos helde ontvang word.”


Bookmark this page: