Die produksiekantoor bied interaktiewe en voortgesette dienste aan die onderrigprogam van verskeie akademiese departemente. Dienste sluit in produksiebestuur, bemarkingsdienste, finansiële steun, die ontwerp en vervaardiging van stelle en dekor, die ontwerp en vervaardiging van kostuums en rekwisiete en tegniese bestuur, ontwerp en koördinering.