English |  Afrikaans |    
  
Ouers

Betalings vir Drukwerk

Waar kan ek Drukkrediete gebruik?
By die Lab’s op die individuele kampusse en by the Koshuis Lab’s.

Waar kan ek Drukkrediete koop?
By die kassiere in die KDS by die Hatfield, Groenkloof, Mediese of Onderstepoort kampusse.

Hoe koop ek Drukkrediete?
Jy koop Drukkrediete by die Kassiere. Die Kassiere reik 2 kwitansies uit.

Hoe aktiveer ek Drukkrediete?
Die Kassier reik 2 kwitansies uit. Al twee kwitansies moet by die Lab assistent aangebied word vir aktivering. Indien die Drukkrediete nie werk nie moet jy na die Lab assistent gaan. Die Kassiere en die Studenterekening-konsultante kan nie verdere hulp verleen nie.

Wat is die minimum bedrag wat ek vir Drukkrediete mag betaal?
Die minimum bedrag is R50-00 (Vyftig Rand). Die bedrag wat nog beskikbaar is teen die einde van die jaar, word outomaties na die volgende jaar oorgedra.

Waar doen ek navraag indien my Drukkrediete nie geaktiveer is nie?
Jy kan by die Lab assistent navraag doen. Geen navrae met betrekking tot Drukkrediete word by die Kassiere of by die Studenterekeningkonsultante gedoen nie.

Waar kan ek sien hoeveel Drukkrediete nog beskikbaar is?
Jy kan by die Lab assistent navraag doen. Geen navrae met betrekking tot Drukkrediete word by die Kassiere of by die Studenterekeningkonsultante gedoen nie.

Kan ek gelde eis wat oor bly op my Drukkrediete?
Jy kan by die Lab assistent navraag doen. Geen navrae met betrekking tot Drukkrediete word by die Kassiere of by die Studenterekeningkonsultante gedoen nie.

Kan ek ©° elektroniese betaling via die bank vir Drukkrediete maak?
NEE. Betalings kan slegs by die kassiere gemaak word.

Kan ek fondse van my studenterekening oorplaas na Drukkrediete?
NEE. Drukkrediete word nie by die Studenterekeningkonsultante gedoen nie. Jy moet by die Kassiere inbetaal.

Kan ek gebruik maak van Drukkrediete by die Biblioteek sowel as by Xerox in die studentesentrum?
NEE. Hierdie is nie moontlik nie. Jy moet by die Biblioteek of Xerox betaal om gebruik te maak van hulle dienste.

Kan duplikaat kwitansies uitgereik word vir Drukkrediete?
NEE. Die betalingstelsel laat nie toe om duplikaat kwitansies uit te reik nie.

Het die Kassiere toegang na my Drukkrediete rekening?
NEE. Die Kassiere neem slegs die betaling, hulle het nie toegang tot die individuele Drukkrediete rekeninge nie.

Kan die Kassiere hulp verleen met betrekking tot Drukkrediete?
NEE. Die Kassiere neem slegs die betaling, hulle het nie toegang tot die individuele Drukkrediete rekeninge nie.

Het die Studenterekeningkonsultante toegang na my Drukkrediete?
NEE. Die Studenterekeningkonsultante het nie toegang tot die individuele Drukkrediete rekeninge nie.

Kan die Studenterekeningkonsultante hulp verleen met betrekking tot Drukkrediete?
NEE. Die Studenterekeningkonsultante het nie toegang tot die individuele Drukkrediete rekeninge nie.

LET WEL !!

Alle navrae met betrekking tot Drukkrediete moet by die Lab Assistent gedoen word