Boodskap vanaf die Dekaan
 Die Skool vir Tandheelkunde in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is trots om deel van die Universiteit van Pretoria en die tersiêre akademiese omgewing in Suid Afrika te wees. Deur tandartse en mondhigiëniste sowel as spesialiste op te lei, maak die Skool ’n groot bydrae tot die voorsiening van mondgesondheidswerkers in Suid Afrika. Hierdeur word ’n onmisbare diens aan die gemeenskap gelewer.
Die Universiteit van Pretoria se posisionering as ‘n navorsingsuniversiteit voorsien die vertrekpunt vir ons navorsingsinisiatiewe. ‘n Gesonde balans tussen basiese, toegepaste, kliniese en onderwysgerigte navorsing word gehandhaaf.
|