University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Produksielogistiek

UP Kunste Produksielogistiek


 Foto's met vergunning van die Dramadepartment

____________________________________________________________________________________________

MEER OOR ONS    ♦    TEATERS EN SALE    ♦    LOGISTIEKE KOÖRDINERING    ♦    GARDEROBE   ♦   DEKORWERKSWINKEL
____________________________________________________________________________________________ 

Kontakinligting:

Nomzamo Maseko
Garderobebestuurder
Tel: 012 420 2992
nomzamo.maseko@up.ac.za
______________________________________________________________________________


GARDEROBE

Die UP Kunste Garderobe se missie is om kostuums en rekwisiete te verskaf vir produksies wat met die direkteur se visie ooreenstem.

Die UP Kunste Garderobe-personeel ontwerp en sny patrone uit, kleur materiaal of kostuums, sny materiaal vanaf kommersiële patrone, verf kostuums, verouder kostuums, maak hoedens, stoom of verander hoedens en kostuums, kleur skoene, trek kostuums vanuit voorraad, doen naaldwerk, pas kostuums aan akteurs – en dit alles terwyl hulle by streng sperdatums en begrotings hou. Hierdeur word verseker dat elke produksie lyk soos wat die regisseur dit verlang.

Toepaslike kostuums en rekwisiete is baie belangrik in ‘n produksie. ‘n Prentjie vertel soveel meer as ‘n paar woorde, en dit is ook presies wat ‘n kostuum doen. Kostuums kan inligting aan die gehoor oordra oor ‘n periode, sosiale omstandighede, die tyd van die dag, weerspatrone, sosio-ekonomiese status, en verskeie ander details, sonder dat hierdie inligting deur middel van teks oorgedra moet word.

Kostuums kan die aandag op die regte plek op die verhoog vestig en karaktertipes vinniger aan die gehoor oordra as wat teks of 'n akteur dit kan doen.

Die hooftaak van die UP Kunste Garderobe is om kostuums en rekwisiete aan die Dramadepartement se ongeveer tien studenteopleidingsproduksies, en een Krêkvars Kunsfees, per jaar te lewer.

Ons het ook goeie verhoudings met ander departemente van die Universiteit asook met die publiek, en ons bied advies en idees en huur ook kostuums en rekwisiete aan die publiek uit. Indien u dus u eie produksie op die planke bring of 'n fantasiekostuum vir 'n partytjie benodig, is die UP Kunste Garderobe die plek waarheen u moet gaan.

Die Garderobepersoneel bestaan uit ‘n bestuurder, me Motshidisi Manyeneng, en twee handwerkers, me Kate Vilakaze en me Ninkie Mogwang.