English |  Afrikaans |    
  
Departement Filosofie

Welkom by die Departement Filosofie

Die Departement Filosofie streef na uitnemendheid in beide onderrig en navorsing. Voorgraadse en nagraadse kursusse word aangebied, met modules wat wissel van etiek en hermeneutiek to by wetenskapsfilosofie en die geskiedenis van die filosofie. Ons is daarop ingestel om die intellektuele deugde van helderheid, skerpsinnigheid, kritiese refleksie en kreatiwiteit in ons studente te kweek. Hierby kan bygevoeg word dat die Departement kan getuig van ‘n sterk navorsingsrekord, met personeel wat ‘n veelheid van boeke, sowel as artikels oor wyduiteenlopende onderwerpe in nasionale en internasionale akademiese tydskrifte, gepubliseer het.

Die Departement moedig ‘n aktiewe deelnemende studentegemeenskap aan, met die lewendige ‘Voetnotas na Plato’ gespreksgroep, sowel as die Departementele seminaar reeks waar ‘n verskeidenheid van hoogstaande plaaslike en oorsese filosowe referate aanbied. Verder beskik die Departement oor ‘n samewerkingooreenkoms met die Fakulteit Wijsbegeerte aan die Radboud Universiteit te Nijmegen, en hierdie verbintenis het dit moontlik gemaak dat ons studente die geleentheid kry om nagraads in Nederland te studeer.

 

 

Nuus

Nuwe leerstoel in Departement Mynbou-ingenieurswese sal help lewens red - 18/06/2013
Navorsing oor ‘n veiliger werksomgewing in die harderotsmynbedryf sal voortaan ‘n baie spesifieke fokusgebied by die Universiteit van Pretoria (UP) wees. Dit volg nadat Harmony Gold Mining Company Limited (Harmony) ‘n skenking van R4,7 miljoen oor 3 jaar aan UP gedoen het vir die totstandkoming van ‘n Leerstoel in Rotsingenieurswese en Numeriese Modellering in die Mynbedryf.
[Lees Meer]
 
UP steek grense oor met toerisme - 13/06/2013
Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van Pretoria is onlangs deur twee akademiese personeellede op die Atlas Africa konferensie in Kigali, Rwanda, verteenwoordig. Mnr. Richard Wyllie (Departement Historiese en Erfenisstudies) en Professor Chris Boonzaaier (Departement Antropologie en Argeologie ) het albei referate gelewer. Die Rwanda Tourism University College (RTUC) het vir die eerste keer as gasheer opgetree vir die agtste twee-jaarlikse konferensie wat vanaf 3 tot 5 Junie 2013 gehou is.
[Lees Meer]
 
Teaterhoogtepunte: "Chasing" en "As Night Falls" - 11/06/2013
Die produksies Chasing (gebaseer op die lewe van Ingrid Jonker) en As Night Falls (gebaseer op die lewe van Helen Martins) word binnekort by die Maskerteater van die Universiteit van Pretoria opgevoer. Hierdie produksies word aangebied deur die Dramadepartement en die Matchbox Theatre Collective. Beide produksies se choreografie is deur Nicola Haskins behartig. Maak seker dat jy nie hierdie produksies mis voordat hulle na Smithfield en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad vertrek nie. As Night Falls het in 2011 'n "Standard Bank Ovation Award" ontvang.
[Lees Meer]
 
Bemarking-honneursstudente beďndruk Newsclip - 10/06/2013
Deel van die BComHons (Bemarkingsbestuur)-program is om studente met praktiese vaardighede toe te rus wat hulle as jong bemarkers in die bedryf sal benodig. Om hierdie doel te bereik, het die Departement Bemarkingsbestuur ’n vennootskap met Newsclip aangegaan. Die vennootskap het studente in staat gestel om media-monitering in die gedrukte, uitsaai-, aanlyn- en sosiale media uit te voer deur Newsclip se verskeie beskikbare platforms te benut.
[Lees Meer]
 
Navorsing oor die toekoms van reisbestuurmaatskappye - 07/06/2013
’n Onderwerp wat deesdae baie aandag geniet in die toeristebedryf is reisbestuurmaatskappye en hul toekoms. Hierdie onderwerp word tans deur mnr Ross Thompson, ’n MCom (Toerismebestuur)-student in die Afdeling Toerismebestuur nagevors. Die navorsing word onder leiding van prof Berendien Lubbe, hoof van die Afdeling Toerismebestuur en dr Anneli Douglas, personeellid in die Afdeling gedoen. Die navorsingstudie se titel is “The future of travel management companies: a comparative study between South Africa, Finland and the Netherlands”.
[Lees Meer]
 
Toekomstige talent ontmoet die navorsingsbedryf - 07/06/2013
Die Future Talent Meets the Industry-inisiatief bied aan studente regoor die węreld die geleentheid om aan een van die Europese Genootskap vir Opinie en Marknavorsing (European Society for Opinion and Market Research – ESOMAR) se węreldwye gebeurtenisse deel te neem. Twee BCom (Bemarkingsbestuur)-studente van die Universiteit van Pretoria is gekies om aan die inisiatief deel te neem. ESOMAR is ’n węreldvereniging vir mark-, sosiale en opinie-navorsers met die doel om marknavorsing węreldwyd aan te moedig, te bevorder en te verhef.
[Lees Meer]
 
Veelkantige reaksie benodig om Xenofobie te bekamp - 07/06/2013
Die Sentrum vir Menseregte in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria spreek sy kommer uit oor die onlangse toename in xenofobiese geweld dwarsoor Suid-Afrika. Dit kom na berigte oor die aanvalle en moord op Somaliese burgers in Diepsloot, Gauteng, en buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
[Lees Meer]