English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Ekonomiese & Bestuurswetenskappe

Navorsingskomitee

Doel van die Navorsingskomitee

Die werksaamhede van die Navorsingskomitee van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vind plaas ooreenkomstig die voorskrifte vir navorsing aan die Universiteit van Pretoria (sien Rt 306/07; S4083/00; Rt 429/99; S3563/05). Die doel is om navorsingsverwante aktiwiteite van departemente in die Fakulteit te koördineer en te rapporteer in die voorgeskrewe formaat terwyl maatreëls in werking gestel word om navorsing te ondersteun by wyse van mentorskap, kursusse, asook finansiële ondersteuning.

As ‘n strategiese doelwit word gestel die bou van navorsingskapasiteit om beide die kwaliteit en kwantiteit van akademiese navorsing te laat toeneem ten einde as ‘n leidende Fakulteit, nie net in Suid Afrika nie maar ook internasionaal, gereken te word.

Spesifieke doelwitte is as volg:

· Formulering van navorsingstrategie

· Uitbouing van navorsingskultuur in die Fakulteit

· Instel van aansporingsmeganismes om navorsing te bevorder

· Monitering van vordering met navorsingsprogramme

· Koördinering en kwaliteitskontrole van jaarlikse Navorsingsverslag

· Skakeling met ondersteunings- en befondsingsorganisasies, insluitende beurse

· Koördinering van voorleggings aan buite instansies

· Organisering van navorsingseminare/konferensies

NRF Gradering

Die onderstaande navorsers in die Fakulteit het NRF graderings:

NAAM

DEPARTEMENT

GRADERING

Nkomo, Prof SM

Menslike Hulpbronbestuur

Internasionaal erkende navorser

 

Blignaut, JN Prof

Ekonomie

Gevestigde navorser

Franzsen, Prof RCD

Ekonomie

Gevestigde navorser

Schoeman, NJ Prof

Ekonomie

Gevestigde navorser

Van Heerden, JH Prof

Ekonomie

Gevestigde navorser

Brynard, PA Prof

SOBA

Gevestigde navorser

Koch, SF Prof

Ekonomie

Gevestigde navorser

North, EJ Prof

Bemarking en Kommunikasie-bestuur

Gevestigde navorser

 

Grobler, AF Prof

Bemarking en Kommunikasie-bestuur

Laat toetrede tot navorsing

Lidmaatskap

Die Navorsingskomitee bestaan uit die volgende verkose lede:

  • Prof Niek Schoeman – Voorsitter
  • Prof Carolina Koornhof - Dekaan
  • Prof Petrus Brynard – Skool vir Openbare Bestuur en Administrasie
  • Mnr Stephen Coetzee – Departement Rekeningkunde
  • Dr Felicité Fairer-Wessels – Departement Toerismebestuur
  • Dr Ruthira Naraidoo – Departement Ekonomie
  • Me Tasneem Joosub – Departement Ouditkunde
  • Mnr Theuns Kotzé – Ondervoorsitter – Departement Bemarking en Kommunikasiebestuur
  • Me Sumari O'Neil – Departement Menslike Hulpbronbestuur
  • Prof Marius Pretorius – Departement Ondernemingsbestuur
  • Prof Pieter Schaap – Departement Menslike Hulpbronbestuur
  • Mnr Theuns Steyn – Departement Belasting
  • Prof Hendrik Wolmarans – Departement Finansiële Bestuur

UPSpace