University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Hokkie

TuksHokkie se spelers beÔndruk by die Nasionale o/20 Interprovinsiale Toernooi

Deur Natalie Thompson

Gelaai op 11 Mei 2012

Die o/21 Interprovinsiale Toernooi (IPT) wat onlangs in Port Elizabeth en Pretoria gehou is, het bewys dat TuksHokkie uitstaande spelers en afrigters aan die hoof van die Tuksprogram het. Verdere en finale bewys daarvan is die grootskaalse insluiting van Tuks-spelers in Noordelikes se provinsiale span tydens die toernooi.

Die toernooi vir mans is van 22 tot 28 April 2012 in Port Elizabeth gehou. Noordelikes se span, wat uitsluitlik uit Tuks-spelers bestaan het, het die Vrystaat in die eindwedstryd onder die stof geloop en is as die wenners van die IPT aangewys. Dit was die eerste keer in ses jaar dat Noordelikes daarin kon slaag om dié titel te verower. TuksHokkie se tegniese direkteur, Craig Fulton, se afrigting het Noordelikes vir na hul oorwinning begelei en Tuks se Matthew Guise-Brown, wat tydens die toernooi die meeste doele aangeteken het, is beloon met die “Golden Boot”-toekenning. En wil jy glo! Ses van die spanlede is junior SA o/21-spelers.
 
Die vrouetoernooi is gelyklopend in Pretoria gehou. Alhoewel die dames van Noordelikes goed vertoon het, kon hulle nie daarin slaag om tot die halfeindronde deur te dring nie. Individuele spelers het egter uitgeblink: Tuks-speler Jacinta Jubb het die “Golden Boot”-toekenning ontvang, terwyl die Tuks 1-doelwagter, Phumelela Mbande, aangewys is as die beste doelwagter en ook die “Save of the Tournament”-toekenning ontvang het.

Die administrateur van TuksHokkie, Linda Dlamini, wat ook die bedryfsbestuurder van die Investec SA Vroue-hokkiespan is, het as bestuurder vir Noordelikes opgetree. Die Suid-Afrikaanse o/21-vrouespan, wat na afloop van die vrouetoernooi aangekondig is, sluit vier spelers van Tuks in. Hulle is Phumelela Mbande, Hlubi Sipamla, Lillian du Plessis en Jacinta Jubb.
 
Dit lyk asof TuksHokkie hoë standaarde gestel het wat hulle vir die res van die jaar sal moet handhaaf.

Aan al die Tuks-spelers en die afrigtingspersoneel: Veels geluk met die indrukwekkende uitslae wat julle tot dusver behaal het!


Bookmark this page: