Gradedag vir ATI-studente
Deur ATI
Gelaai op 18 April 2012
Dr Nara Monkam (Adjunkdirekteur: ATI), Victor Ngobeni, Roux Raath, Rose Ngwira, Bernd Schlenther, John Chakasikwa en prof Riël Franzsen (ATI Direkteur).
Vyf studente van die ATI-meestersprogram vir Belasting het hul MPhil(Belasting)-grade op 17 April 2012 by ’n gradeplegtigheid van die Universiteit van Pretoria ontvang.
Hulle het in 2010 met die tweejaarprogram begin en hul verhandelinge in 2011 voltooi.
Die ATI is baie trots op John Chakasikwa (Zimbabwe), Victor Ngobeni (Suid-Afrika), Rose Ngwira (Malawi), Roux Raath (Suid-Afrika) en Bernd Schlenther (Suid-Afrika). John Chakasikwa en Roux Raath het hul grade met lof geslaag.
Victor en Rose het hul verhandelinge onder toesig van dr Monkam voltooi, John en Roux onder toesig van prof Franzsen en Bernd onder toesig van prof Schoeman en prof Franzsen.
|
|
|