Die African Tax Institute webwerf is huidiglik slegs in Engels beskikbaar.
Welcome to the African Tax Institute
The African Tax Institute (ATI) is located in the Department of Economics, University of Pretoria, South Africa. It is devoted to training, research, and technical assistance in the areas of tax policy and tax administration on the African continent.
Nuus
Afrikadag: ’n Oproep om ’n meer supranasionale AU (om menseregte beter op die vasteland te beskerm) - 24/05/2013
Hierdie jaar is die 50ste herdenking van Afrikadag sedert die ontwykende soeke na Afrika-eenheid formeel op 25 Mei 1963 begin het, die dag waarop die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) tot stand gekom het. Ten spyte van die versnelde integrasie wat met die transformasie van die OAE tot die Afrika-unie (AU) gepaardgegaan het, bly die AU vasgevang tussen twee teenstrydige opdragte: die verstewiging van kontinentale instellings en die versterking van nasionale soewereiniteit.
[Lees Meer]
Twee nuwe UP-geboue vereer met nasionale eiendomstoekennings - 22/05/2013
Die ontwikkeling van infrastruktuur by die Universiteit van Pretoria (UP) is eersteklas. Dit is weer eens bevestig toe twee van die nuwe geboue op die Hatfield-kampus deur die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eienaars van Eiendom (SAPOA) bekroon is met die vereniging se Toekenning vir Uitstaande Innovering.
[Lees Meer]
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.
Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
Opedag ’n sukses! - 21/05/2013
Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span.
My hartlike dank aan almal wat bygedra het tot ’n positiewe ervaring vir ouers, voornemende studente, familielede, skoolhoofde en onderwysers. Ek wil u aanmoedig om die goeie werk voort te sit. Die Opedag is ’n belangrike geleentheid vir die Universiteit om goeie studente te lok en om die Universiteit se reputasie en status in die breë uit te bou.
[Lees Meer]
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots) - 16/05/2013
Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]).
Prof Heyns is verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP) en is in 2010 as die VN Spesiale Rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings aangestel. Hy het die afgelope jaar wêreldwyd navorsing gedoen oor die vraag of state toegelaat moet word om Dodelike Outonome Robotte – wapens wat na ontplooiing dodelike geweld kan gebruik sonder verdere menslike tussenkoms – tydens oorlog of vrede te gebruik.
[Lees Meer]
The International Property Tax Institute is pleased to invite you to the Mass Appraisal Valuation and Property Taxation Symposium– Challenges and Opportunities in the Developing World. This event will take place in Hilton Hotel, Durban, South Africa on June 13th and 14th, 2013 and it is hosted by The African Tax Institute, the South African Institute of Valuers and the Department of Cooperative Governance and Traditional Affairs, KZN
This Symposium will feature international and local experts discussing timely issues relating to local government finance, property rates / tax and property valuations as well as focusing on other local issues affecting South Africa.
For program details and to register, please click here