University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Department Menslikehulpbronbestuur

UP deel van die “5 Hot Cities of the World”-toer

Deur Prof Karel Stanz

Gelaai op 29 Februarie 2012

Van links na regs: Marie-Pierre Herve (McGill MBA en Produkbestuurder L’Oréal), Annie Chau (McGill MBA en Senior Finansiële Analis, PrinCorp Wealth Advisors), Prof Karel Stanz (Universiteit van Pretoria), Emma Bambrick (McGill Honneurstudent in Internasionale Ekonomiese Ontwikkeling) en Thomas Weber (McGill MBA en Meesterstudent in Klank-ingenieurswese).
Van links na regs: Marie-Pierre Herve (McGill MBA en Produkbestuurder L’Oréal), Annie Chau (McGill MBA en Senior Finansiële Analis, PrinCorp Wealth Advisors), Prof Karel Stanz (Universiteit van Pretoria), Emma Bambrick (McGill Honneurstudent in Internasionale Ekonomiese Ontwikkeling) en Thomas Weber (McGill MBA en Meesterstudent in Klank-ingenieurswese).

Die “5 Hot Cities of the World”-toer is ’n nuwe, baanbrekerskursus wat deur McGill Universiteit in Kanada se Desautels Fakulteit Bestuur aangebied word, wat studente uit die klaskamer en hul gemaksones neem en binne die broeines van ekonomie, handel, kultuur, finansies en nasionale mededingendheid plaas.

Volgens die Kanadese koerant Globe and Mail is die “Hot Cities”-toer die kortste kursus wat deur McGill Universiteit se Desautels Fakulteit Bestuur aangebied word, maar beslis ook een van die mees intense en lonende kursusse. Die Desautels Fakulteit Bestuur, wat in 1906 gestig is, word deur die Financial Times, BusinessWeek, Le Figaro en America Economia as ’n top internasionale sakeskool herken.
 
Op 16 Februarie 2012 het prof Karl Moore en 37 voorgraadse en MBA-studente wat deur ’n onafhanklike paneel gekies is, na Suid-Afrika gekom om top sakeleiers, regeringsamptenare en gemeenskapsleiers in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Port Elizabeth te ontmoet.
 
Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die studente sosiale media soos Twitter, Facebook en YouTube daagliks ingespan om video’s en blogs op hul webwerf (http://payitforward.mcgill.ca) te plaas om sodoende bewustheid te skep oor pogings om die armoedesiklus in die townships van Port Elizabeth te verbreek.

Die Desautels-studente wil teen 1 Maart 2012 ’n totaal van $20 000 deur middel van individuele skenkings en korporatiewe borge insamel. Alle fondse wat ingesamel word sal aan die Ubuntu Education Fund, ’n niewinsgewende organisasie in Port Elizabeth wat gesondheids- en opvoedkundige hulp aan weeskinders in die area bied, geskenk word. Hierdie innoverende fondsinsamelingsprojek is opsommend van hierdie generasie se vermoë om die mag van sosiale media in te span om ’n positiewe boodskap te versprei en ’n verskil te maak.
 
Prof Karel Stanz, Departementshoof van UP se Departement Menslikehulpbronbestuur en ’n voormalige besoekende professor by die Desaultes Fakulteit Bestuurs by McGill in 2010, het by die “Hot Cities”-groep aangesluit met die Johannesburg- en Pretoria-been van die toer.

As deel van hul akademiese ervaring het hulle die Universiteit van Pretoria se Gordon Institute of Business Science (GIBS) besoek, waar gesprekke oor Suid-Afrika se ekonomie vanuit ’n akademiese oogpunt met GIBS-studente gevoer is.

Die studente het ook die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Steve Biko Akademiese Hospitaal besoek, waar die Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, prof E Buch en die hoof-uitvoerende beampte van die Steve Biko Akademiese Hospitaal, dr E Kenoshiand en dr Flavia Senkubuge hulle insig gegee het oor die gesondheidstelsels en -uitdagings in Suid-Afrika.
 
Die besoekende studente is ook bederf met ’n inspirerende toespraak deur prof Henry Grimbeek oor die Stad Tshwane se betrokkenheid by die 2010-Wêreldbeker, asook ’n tradisioneel Suid-Afrikaanse spitbraai by die Loftus Versfeld-stadion.

Hulle het die Pretoria-been van die toer afgesluit met ’n begeleide toer van die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria voordat hulle na Kaapstad vertrek het.


Bookmark this page: