English |  Afrikaans |    
  
Filosofie en Etiek van Geestesgesondheid

Welkom by die Afdeling Filosofie en Etiek van Geestesgesondheid

Visie

Om akademiese kapasiteit te ontwikkel in die interdissiplinêre area van filosofie en geestesgesondheid met die oog daaop om te bou op internasionale ontwikkelings in die veld, by te dra tot persoongesentreerde geestesgesondheid en te reageer op die die diversiteit van individuele en kulturele behoeftes en belangstellings van geestesgesondheidswerkers, gemeenskappe, sielkundiges, ander geestesgesondheidswerkers en filosowe.

Missie

1. Ontwikkeling van opleidings- en onderrigskapasiteit

  • Om dinamiese, volhoubare en prakties relevante opleidingsprogramme in filosofie en geestesgesondheid te ontwikkel en te handhaaf wat persoongesentreerd en relevant tot die behoeftes van Afrika en Suid-Afrika is
  • Om intellektuele en praktiese vaardigheidskapasiteit in filosofie en geestesgesondheid te bou onder die diverse mense van Afrika en Suid-Afrika
  • Om onderrig en leergeleenthede en navorsingstudiebeurse te vergroot

2. Ontwikkeling van navorsingskapasiteit

  • Om streng konseptuele en empiriese navorsing in filosofie en geestesgesondheid te onderneem en te bevorder
  • Om vermoë in konseptuele en empiriese navorsing in geestesgesondheid te bevorder
  • Om logiese kapasiteit vir substansiële, hoë kwaliteit konseptuele en empiriese navorsing in geestesgesondheid te bou
  • Om te help om te bou aan uitnemendheid in geestesgesondheidspraktyk deur filosofiese navorsing oor die konsepte wat geestesgesondheidspraktyk lei
  • Om filosofiese teorie te bevorder deur die fenomene van psigiatrie meer toeganklik vir filosowe te maak
  • Om samewerkende leer te verhoog en te fasiliteer deur die uitruil van idees, ondervinding, kennis en vaardighede wat aan geestesgesondheidspraktyk en filosofie verwant is
  • Om deelname aan nasionale en internasionale ontwikkelings, publikasies, konferensies, organisasies en gebeurtenisse te fasiliteer wat aan filosofie en geestesgesondheid verwant is

 3. Beïnvloed geestesgesondheidpraktyk, -dienste, -beleid en -onderrig

  • Om die effektiwiteit te verhoog van psigiaters en ander geestesgesondheidwerkers as praktisyns, leermeesters en navorsers deur die konseptuele en filosofiese kwessies wat in hierdie aktiwiteite gegrond is, te verlig
  • Om geestesgesondheidpraktyk, diensontwikkeling, beleid en onderrig te beïnvloed deur middel van ‘n waardering vir individuele verskille en respek vir diversiteit onder geestesgesondheidswerkers, samelewings, psigiaters en ander geestesgesondheidswerkers
  • Om verantwoordelike debatte oor kontensieuse kwessies in geestesgesondsheidpraktyke, -dienste,- beleid en -onderrig in Afrika en Suid-Afrika en oor kwessies van internasionale belang  te bevorder
  • Om saam te werk met internasionale, Afrika- en Suid-Afrikaanse tersiêre instellings om die opvoedkundige, navorsings- en kliniese belangstellings in filosofie en psigiatrie onderskeidelik, en as ‘n interdissiplinêre vak te bevorder

 

 

Nuus

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods. Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
 
Opedag ’n sukses! - 21/05/2013
Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span.
[Lees Meer]
 
Opedag 2013: Skoolleerders aangemoedig om die Universiteit van Pretoria te kies - 20/05/2013
‘Om te besluit om by ’n universiteit in te skryf, en dan te besluit watter universiteit om by te woon, is die belangrikste besluite wat ’n jongmens in sy of haar lewe kan neem. Neem dus ’n goeie besluit: kies die Universiteit van Pretoria.’
[Lees Meer]
 
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
 
Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots) - 16/05/2013
Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]).
[Lees Meer]
 
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]
 
Empatiese kommunikasie en demensie: Internasionale Memory Bridge-program begin in Suid-Afrika - 14/05/2013
Memory Bridge, ‘n innoverende program wat sosiale en emosionele isolasie onder ouer persone met demensie verminder, word vanaf 13 tot 28 Mei in Pretoria geïmplementeer.
[Lees Meer]