Hierdie department is waarskynlik die mees produktiewe en sterkste departement in sy veld in Suider-Afrika. Dit het `n lang geskiedenis van stabiliteit en uitnemendheid ten spyte van beperkte personeelgetalle. Ons dien verskillende nasionale en internasionale akademiese, vakgebied en kerklike gemeenskappe. Die departement speel `n belangrike rol in Suid-Afrika, die Afrika kontinent en wêreldwyd deur gebruik te maak van gebruikersvriendelike netwerke. Talle meesters- en doktorsgraad studente het al met groot sukses deur die department gegaan. Ons strewe daartoe om die akademiese samelewing voortdurend met werk van `n hoë standaard te dien.
Nuus
UP steek grense oor met toerisme - 13/06/2013
Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van Pretoria is onlangs deur twee akademiese personeellede op die Atlas Africa konferensie in Kigali, Rwanda, verteenwoordig. Mnr. Richard Wyllie (Departement Historiese en Erfenisstudies) en Professor Chris Boonzaaier (Departement Antropologie en Argeologie ) het albei referate gelewer.
Die Rwanda Tourism University College (RTUC) het vir die eerste keer as gasheer opgetree vir die agtste twee-jaarlikse konferensie wat vanaf 3 tot 5 Junie 2013 gehou is.
[Lees Meer]
Teaterhoogtepunte: "Chasing" en "As Night Falls" - 11/06/2013
Die produksies Chasing (gebaseer op die lewe van Ingrid Jonker) en As Night Falls (gebaseer op die lewe van Helen Martins) word binnekort by die Maskerteater van die Universiteit van Pretoria opgevoer.
Hierdie produksies word aangebied deur die Dramadepartement en die Matchbox Theatre Collective. Beide produksies se choreografie is deur Nicola Haskins behartig. Maak seker dat jy nie hierdie produksies mis voordat hulle na Smithfield en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad vertrek nie. As Night Falls het in 2011 'n "Standard Bank Ovation Award" ontvang.
[Lees Meer]
Bemarking-honneursstudente beďndruk Newsclip - 10/06/2013
Deel van die BComHons (Bemarkingsbestuur)-program is om studente met praktiese vaardighede toe te rus wat hulle as jong bemarkers in die bedryf sal benodig. Om hierdie doel te bereik, het die Departement Bemarkingsbestuur ’n vennootskap met Newsclip aangegaan.
Die vennootskap het studente in staat gestel om media-monitering in die gedrukte, uitsaai-, aanlyn- en sosiale media uit te voer deur Newsclip se verskeie beskikbare platforms te benut.
[Lees Meer]
Navorsing oor die toekoms van reisbestuurmaatskappye - 07/06/2013
’n Onderwerp wat deesdae baie aandag geniet in die toeristebedryf is reisbestuurmaatskappye en hul toekoms. Hierdie onderwerp word tans deur mnr Ross Thompson, ’n MCom (Toerismebestuur)-student in die Afdeling Toerismebestuur nagevors.
Die navorsing word onder leiding van prof Berendien Lubbe, hoof van die Afdeling Toerismebestuur en dr Anneli Douglas, personeellid in die Afdeling gedoen. Die navorsingstudie se titel is “The future of travel management companies: a comparative study between South Africa, Finland and the Netherlands”.
[Lees Meer]
Toekomstige talent ontmoet die navorsingsbedryf - 07/06/2013
Die Future Talent Meets the Industry-inisiatief bied aan studente regoor die węreld die geleentheid om aan een van die Europese Genootskap vir Opinie en Marknavorsing (European Society for Opinion and Market Research – ESOMAR) se węreldwye gebeurtenisse deel te neem. Twee BCom (Bemarkingsbestuur)-studente van die Universiteit van Pretoria is gekies om aan die inisiatief deel te neem. ESOMAR is ’n węreldvereniging vir mark-, sosiale en opinie-navorsers met die doel om marknavorsing węreldwyd aan te moedig, te bevorder en te verhef.
[Lees Meer]
Veelkantige reaksie benodig om Xenofobie te bekamp - 07/06/2013
Die Sentrum vir Menseregte in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria spreek sy kommer uit oor die onlangse toename in xenofobiese geweld dwarsoor Suid-Afrika. Dit kom na berigte oor die aanvalle en moord op Somaliese burgers in Diepsloot, Gauteng, en buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
[Lees Meer]
Prof Don Cowan ontvang A-gradering vanaf Nasionale Navorsingsinstituut - 04/06/2013
Prof Don Cowan, ’n internasionale navorser van faam en die Direkteur van beide die Institusionele Navorsingstema in Genomika en die Sentrum vir Mikrobiologiese Ekologie en Genomika (CMEG) van die Universiteit van Pretoria (UP), het onlangs ’n A-gradering vanaf die Nasionale Navorsingsinstituut ontvang.
[Lees Meer]