University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Departement van Fisiologie

News

UP se wonderpaartjie pak kanker aan
Louise de Bruin
Gelaai op 21 Jul 2014

Chemoterapie en bestraling wat tans in die stryd teen kanker gebruik word, val nie net kankerselle aan nie maar ook normale selle, en dit lei tot newe-effekte vir die pasiŽnte wat behandel word. UP se wonderpaartjie, professors Annie en Fourie Joubert, het in 2005 besluit om saam hul kundigheid in onderskeidelik biochemie en bio-informatika in te span in die strewe om ín nuwe kankerteenmiddel wat net kankerselle aanval, te ontwikkel. Saam met hul nagraadse studente, en met samewerking op nasionale en internasionale vlak, het hulle tot dusver resultate verkry wat groot belofte vir die ontwikkeling van ín kankerteenmiddel inhou.

[Lees Meer]

HoŽprestasienavorsing lei tot hoŽprestasieindividue
Louise de Bruin
Gelaai op 09 Jun 2014

Veronderstel ín top rugbyspeler weet presies waarom hy nie vir die span gekies is nie en waarom sy posisie aan ín ander speler gegee is. En sÍ nou skole in gemeenskappe met beperkte hulpbronne kon werklik optimaal as fasiliteite vir maatskaplike verandering gebruik word? Hedendaags is mag en wedywering die faktore wat prestasie aanmoedig, en oplossings om verbetering te bewerkstellig sal van groot nut wees. Prof Peet du Toit van die Departement Fisiologie het metodes vir die evaluering van prestasie en toepassings vir die verbetering van onderwysmetodes ontwikkel. Hierdie aanwysers is op ín holistiese benadering tot navorsing gebaseer waarin ín verskeidenheid veranderlikes getoets word om ín noukeurige aanduiding van ín individu se werklike prestasie- en ontwikkelingsvlak te verskaf.

[Lees Meer]

 
«Besigtig Argiewe  |   Subscribe to Department of Physiology's news feed