’n Bestendige begin vir AmaTuks in die PSL
Deur Pearl Mosoane
Gelaai op 13 Augustus 2012
Tebogo Monyai. Foto deur GB Jordaan
AmaTuks se debuut in die Premier Sokkerliga is met groot opgewondenheid deur sowel die Universiteit as die gemeenskap van Tshwane verwelkom.
AmaTuks het op Sondag 12 Augustus hul eerste ligawedstryd, teen Maritzburg United, by die Tuks-stadion gespeel.
Die nuwe spanlid, David Radebe, het in die 51ste minuut, net ses minute nadat hy op die veld gedraf het om Dipsy Selolwane te vervang, die openingsdoel vir die tuisspan aangeteken.
Met slegs twee minute speeltyd oor, het Sepeke Manamela ’n rooi kaart ontvang vir ’n gevaarlike vasvat. ’n Laat gelykmaker wat in die 92ste minuut deur Mario Booysen vir Maritzburg United aangeteken is, het AmaTuks se uitstekende kans belemmer en veroorsaak dat die wedstryd met 1–1 gelykop geëindig het.
Dié resultaat plaas AmaTuks 10de op die huidige ranglys.

Foto's deur GB Jordaan (biggee@mweb.co.za)
|
|
|