English |  Afrikaans |    
  
UP Kunste

UP Kunste bied aan: Gratis Etensuur konsert 22 April 2010

Deur Pamela Oosthuizen

Gelaai op 22 April 2010



Die Tuks Camerata studente koor, gedirigeer deur die bekroonde dirigent Christo Burger tree op tydens 'n gratis Etensuur Konsert op Donderdag 22 April 2010. Die optrede vind plaas om 12:40 in die Musaion by die Universiteit van Pretoria.


Die Etensuur program sal in die smaak val van koormusiek liefhebbers wat werke insluit van bekende komponiste soos Chris Lamprecht, Robert Pearsall, David N. Childs en Javier Busto insluit.
 

Christo is ook die dirigent van die Akustika Kamerkoor gebaseer in Pretoria. Akustika was gedurende April 2010 aangewys as die algehele wenner van die 11de Concorso Corale Internasionale Koor kompetisie aangebied in Riva del Garda, Italië.  Akustika was ook die algehele wenners van ‘n internasionale Eisteddfod in Llangollen Wallis, VK waar hulle die Pavarotti trofee verower het sowel as die titel “Koor van die Wêreld” vir 2008.  Christo is ‘n ervare beoordelaar sowel as komponis en is tans ook die dirigent van die Hoërskool Waterkloof skoolkoor sowel as die DSG skoolkoor.

 

Kom ontspan tydens hierdie etensuur konsert terwyl u na pragtige koormusiek luister.



Bookmark this page:


Kommentaar

Stuur Kommentaar
Items gemerk met 'n * is verpligtend
Tenminste een van die items gemerk met ** moet ingevul word.


U Kontakinligting
Naam *
U E-posadres *
Onderwerp *
Boodskap *
Sekuriteitsbeeld *
Sekuriteitskode
Tik asb die kode in die beeld hier bo in. *