Kriminologiedosente ontvang toekenning vir beste referaat: kategorie Kriminologie by CRIMSA konferensie
Deur Liana le Roux
Gelaai op 09 November 2011
Twee van ons kriminologiedosente, Drr Francois Steyn en Karen Booyens, het die toekenning vir die beste referaat in die kategorie Kriminologie ontvang by hierdie jaar se CRIMSA konferensie wat onlangs by die Universiteit van Kwazulu-Natal aangebied is.
Die tema van die konferensie oor toekomsperspektiewe in Kriminologie, was: Criminal Justice and Criminology: A futuristic perspective on crime: trends and new crimes. Die titel van die referaat wat deur Drr Steyn en Booyens aangebied was, was: The crime-related views of first-year Criminology students attending two parallel-medium South African universities.

Dr Francois Steyn en Dr Karen Booyens
|
|
|