English |  Afrikaans |    
  
TuksSport Alumni

Loffie praat by Trok-ete


Gelaai op 18 Junie 2009

Eugene (Loffie) Eloffie, wat onlangs gevra is om as afrigter van die Leeus te bedank, is die geleentheidspreker op die Trok-middagete wat op 24 Julie in die Tuks-rugbyklubhuis plaasvind.

Dit sal interessant wees om te hoor of Loffie die sluier lig oor die redes wat tot sy ‘herontplooing’ gelei het.

Die Goue Leeus Rugby-unie sê Loffie is afgedank as senior afrigter nadat die Leeus nogmaals nie die mas in die Super14-reeks opgekom het nie. Dit was die beweegrede vir die omvattende oudit van die Leeus se stelsels en strukture wat deur Jake White se Jake White’s Winning Ways (Pty) Ltd gedoen is.

Een van Jake se aanbevelings was dat Loffie herontplooi moet word.

Persone wat belanstel om na Loffiie te kom luister, kan met Ilze Wicksell in verbinding tree by 012-420-6135 of sportalumni@sport.up.ac.za.

Die koste verbonde is R100 (lid) en R130 (nie-lid).


Bookmark this page: