English |  Afrikaans |    
  
Department Ondernemingsbestuur

Welkom by die Departement Ondernemingsbestuur

Die Departement Ondernemingsbestuur het in 1927 ontstaan en is die tweede oudste sodanige departement in die land. Dié departement was nog altyd ‘n voorloper op hierdie vakgebied.

Die Departement se fokusareas is:

  • ondernemingsbestuur en strategiese bestuur;
  • entrepreneurskap;
  • verskafferskettingbestuur (logistiek);
  • internasionale bestuur;
  • e-handel;
  • leierskap.

Ons mededingende voordeel is:

  • ons kwalifikasies is in ooreenstemming met die Nasionale Kwalifikasieraamwerk se doelwitte en filosofie;
  • al die dosente is hoogs gekwalifiseerd en beskik oor navorsingservaring;
  • dosente word dikwels deur die handel- en nywerheidsektore gevra om advies en opleiding te verskaf. 
 

Nuus

’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Vanaf Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.

[Lees Meer]

Geskiedkundige onderhoud met dr Albertina Luthuli - 06/05/2013
Vanaf Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

Mnr Anthony Makeketa, wat verantwoordelik is vir bemarking en kommunikasie by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het op 26 April 2013 die Albert Luthuli Museum in Groutville besoek om ’’n onderhoud met dr Albertina Luthuli, dogter van Kaptein Albert Luthuli, te voer. Die hoofdoel van hierdie geskiedkundige besoek was om die onderwerp van verantwoordelike leierskap met dr Luthuli te bespreek, asook om die nalatenskap van haar pa, Kaptein Albert Luthuli te verken en te bepaal hoe die ALSVL deur akademie en navorsing tot sy nalatenskap kan bydra.

[Lees Meer]

Kennis word in Oos-Afrika gedeel - 22/04/2013
Vanaf Department Ondernemingsbestuur

Prof Ernie Heath van die Departement Ondernemingsbestuur is onlangs deur die Federation Internationale de l’Automobile (FIA) en die African Council for Touring & Automobile (ACTA) genooi om ’n twee dag leerlingskapsprogram in Dar es Salaam, Tanzanië, aan te bied. Die kernfokus van die geleentheid was om praktiese en innoverende maniere om ry-toerisme in Oos- en Suidelike Afrika aan te moedig, strategies te verken. Lande wat verteenwoordig is, sluit in Botswana, Kenia, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe.

[Lees Meer]

Die ALSVL loods die Geïntegreerde Verslaggewing Konsepraamwerk vir Konsultasie - 22/04/2013
Vanaf Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

16 April 2013 was ’n geskiedkundige datum vir ontwikkeling op die gebied van geïntegreerde verslaggewing en meer spesifiek die toekoms van korporatiewe verslaggewing. Sommige kenners meen dat hierdie datum ’n alternatief van stapel sal stuur vir wat vandag steeds die hoofdoelwit van saketransaksies is, naamlik maksimum winsoogmerk.

[Lees Meer]

Voorsieningskettingbestuur-studente besoek Suid-Afrikaanse Brouerye - 17/04/2013
Vanaf Department Ondernemingsbestuur

Die tweedejaar-BCom opsie: Voorsieningskettingbestuur-studente het gedurende April 2013 die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) se Alrode-brouery in Alberton te besoek. Die doel van die besoek is om studente aan ’n werklike vervaardigingsaanleg bloot te stel waar hulle die geleentheid gehad het om te sien hoe drankies gebrou, verpak en hanteer word, met voorsieningskettingbestuur en logistiek as skakels.

[Lees Meer]



Laat jou graad die werk doen

Elaine en Megan Olsen, tweelingsusters, is in Ladysmith, Natal gebore. Hulle stel van jongs af in voedsel en bakwerk belang. Van hul hoërskooljare af droom dié twee al daarvan om ’n eie besigheid saam te besit – om ’n koffie- en lekkernywinkel te bestuur. Lees meer