Die fasiliteit se missie is om die Universiteit te dien deur kennis van die wetenskap van tussenkomende objektebewaring te bevorder en die resultate van objektegebaseerde navorsing aan alle gehore deur middel van publikasie en uitstallings te kommunikeer, sowel as om ‘n praktiese grondslag vir opleiding aan studente te bied.
Die fasiliteit se medebestuurders is tans Sian Tiley-Nel, Kurator van die Mapungubwe Museum, en Isabelle Barrier, die museumassistent. Alhoewel beide as argeoloë opgelei is, is hul ook opgeleide bewaarders en dien hulle as lede van die “South African Guild of Ceramic Conservators and Restorers”.
Die fasiliteit lewer diens aan die UP Kunste- en Erfenisversamelings, wat hoofsaaklik bestaan uit die Mapungubwe Museum, Edoardo Villa Museum, Anton van Wouw Museum en die Van Tilburg Museum, sowel as die Universiteit van Pretoria se omvattende ander kleiner versamelings. Die bewaringsfasiliteit bied ‘n gespesialiseerde voorkomende en tussenkomende (herstellende) bewaringsdiens aan, insluitend professionele advies oor ‘n reeks materiale wat strek van laaggevuurde keramiek, insluitend porselein, steen, been, ivoor, glas, metale, tot pleisterwerk. Professionele museumversameling-bestuurspraktyk word deur die Objektebewaringsfasiliteit geïmplementeer, wat ook as ‘n amptelike erfeniskuratorsfasiliteit dien.
Die Objektebewaringsfasiliteit bied ook ‘n openbare diens aan vir die restourasie van keramiekwerk, metale, steen en ander tipes materiale.
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]
Tuks studente skitter by G20-Jeugforum in Rusland - 08/05/2013
Die G20-Jeugforum was die grootste internasionale byeenkoms wat in 2013 vir jong leiers aangebied is, en meer as 1 500 jong leiers, studente en akademici, verteenwoordigers van die sakewêreld en regerings het daaraan deelgeneem.* Ses studente van die Universiteit van Pretoria is as verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse jeugkontingent gekies om die Forum van 17 tot 21 April 2013 in St Petersburg by te woon.
[Lees Meer]