Atletiekondersteunersklub/Athletics Supporters Clubs
AGTERGROND
Tydens die Stigtingsvergadering gehou op Vrydag 5 November 2004 by die Daan Swiegers Klubhuis (Nick's Place) het Wynand Claassen, wat as Voorsitter opgetree het, almal teenwoordig hartlik welkom geheet. ‘n Oomblik van Stilte is gevra vir Pierre Spies (oorlede op 31 Oktober 2004) en Levienia Schabort (eggenote van Kerneels Schabort).
Teenwoordig by die vergadering was:- Wynand Claassen – Bestuurder: TuksSportAlumni (Voorsitter); Hugo Badenhorst – Bestuurder: TuksAtletiek; Tom Beckett; Jan Blignaut; Oubaas Boltman; Inge Bremer; Johan Buys; Nic Claassen; Pauline Coetzee (Craven); Denise du Toit (van Wyk); Prof Niek Grovè – Registrateur UP / Hoofbestuurslid vir Sport aan UP; Moira Joubert; Piet Joubert; Marius Labuschagne; Dave Langley; Gert le Roux; Anton Lubbe; Letitia Lubbe; Theresa Moore; Claud Oberholster; Jan Pienaar; Gert Potgieter; Steve Rautenbach; Eugène Short; John Short; Kobus van der Walt – Direkteur: TuksSport; Ina van Rensburg; Henda van Schalkwyk – TuksSport Bemarking.
Tydens die geleentheid het mnr Gert le Roux, sekretaris van die SAAAU vir 22 jaar en jarelange sportjoernalis, as gasspreker opgetree en vertel van sy ervaringe in die atletiekwêreld. Wynand Claassen het ter agtergrond genoem dat die wonderlike Tradisie van TuksSport ietwat gekwyn het tussen 1991-2001; dat alhoewel verskeie pogings aangewend om Alumni van TuksSport weer betrokke te kry, gefaal het, daar nogtans ‘n baie groot behoefte by baie Alumni bestaan het om die ongelooflike tradisie te laat herleef waaraan almal oor jare gebou het; Tuks Tradisie het sy eie unieke karakter en was nog altyd iets besonders wat nooit verlore kan laat gaan nie; dit is die bakermat van alle sukses wat uitgebou en vertroetel moet word sodat dit voortleef onder duisende oud-studente.
Om die tradisie dus te laat herleef, is dit belangrik om alle oud-atlete, afrigters, en ondersteuners terug te kry en te betrek in Ondersteunersklubs van elke sportsoort aan die Tukkies.
Dit het duidelik geblyk met die TuksAtletiek Reünie wat in Julie 2004 gehou was. ‘n Goeie voorbeeld is ook die TuksRugbyOndersteunersKlub (TROK) wat ná die stigting in Maart 2001, meer as ‘n jaar geneem om werklik van die grond te kry, maar nou baie suksesvol is met elke maand se Besigheidsete waar ± 100-150 mense dit bywoon. ‘n Jaarlikse Rugby Reünie-dinee word ook gehou.
Wynand Claassen se portefeulje as Bestuurder: TuksSport Alumni, sedert 2001, behels dat die volgende aspekte reeds vir Rugby in plek is, wat ook vir Atletiek en ander sporte gedoen sal word:-
• Bemarking & Besigheidsinisiatiewe vir alle sportklubs
• Vestiging van ‘n Ondersteunersnetwerk vir TuksSport
• Vestiging van ‘n TuksSportBeursfonds.
Die eerste stap was om soveel name as moontlik op ‘n Databasis te kry; waarna een of twee Besigheidsetes per jaar vir oud-Atlete gehou word met ‘n gasspreker, asook ‘n jaarlikse groot Atletiek Reünie-dinee soos deur komitee bepaal; Lidmaatskap soos vir die TuksRugbyOndersteuners sal later meer spesifiek vir Atletiek bepaal word. Alle geld sal in die TuksAtletiek-beursfonds gestort word.
VERKIESING VAN KOMITEE
Die Grootte van Komitee is soos bepaal deur die Vergadering waar aktiewe, betrokke lede gesoek was. Die kantoor van SportAlumni sal saam met die verkose komitee alle funksies hanteer. Die volgende persone is verkies om op die komitee te dien:-
Voorsitter:- Oubaas Boltman; Onder-voorsitter: - Johan Buys; Oud-atlete:- Jan Blignaut, Marius Labuschagne, Japie de Jong, Denise du Toit (van Wyk), Moira Joubert en Ina van Rensburg; Ex-Officio Lede:- Hugo Badenhorst – Bestuurder: TuksAtletiek; Wynand Claassen – Bestuurder: TuksSport Alumni; Prof Niek Grovè – Hoofbestuurslid vir Sport aan UP; Kobus van der Walt – Direkteur: TuksSport. Beskermheer:- die Komitee sal name oorweeg en dan besluit oor ‘n geskikte kandidaat; Vriende van Klub/Ouers:- Komitee sal name oorweeg.
Die nuut-verkose komitee het by die eerste komitee-vergadering besluit oor die Doelwitte en Mikpunte; Vergaderings en Werkswyse; Maandetes en Saamtrekke; Daarstelling van ‘n Netwerk en die Opstel van ‘n Adreslys; ‘n Nuusbrief; Fondswerwing; Kleure, (wapen en das); en ander aspekte van die Klub.
|