Akademiese aanbieding
Dis ons visie om die eerste keuse te wees vir studente wat die toekomstige leiers in die toeristebedryf wil word, om ons graad op die nuutste navorsing te fundeer en om ons samewerking met die bedryf tot die voordeel van al ons studente te versterk.
Programme wat aangebied word:
- die BCom en BCom Honneurs-programme wat op internasionale standaarde geskoei is
- nagraadse programme, insluitend meesters- en doktorale programme in Toerismebestuur
Die Departement Toerismebestuur bied talle voorgraadse en nagraadse programme aan.
Ons studente is ons hooffokus
Die studente in ons Departement word aan die beste akademiese programme en inhoud blootgestel, wat al die belangrike sektore van die toeristebedryf dek. Die deeglike akademiese grondslag word deur blootstelling aan die bedryf aangevul deur middel van samewerkende ooreenkomste.
Die Departement reël dat kundiges in die bedryf op ’n gereelde basis gaslesings aanbied om vir studente insig te gee, asook ’n algemene gevoel vir wat die bedryf van hulle verwag. Werkwinkels word ook vir eerste-, tweede-, derde- en vierdejaarstudente aangebied.
Op honneursvlak ervaar studente die werklike uitdaging van ’n opvoedkundige uitstappie, nasionaal of internasionaal, om ’n mededingendheidsanalise van ’n bestemming te gaan doen. Dit behels intensiewe navorsing, ’n besoek aan die bestemming en ’n omvattende geskrewe verslag oor die projek.
Ons bou aan ’n blink toerismebestuur-toekoms!
|