
Gestremdheid en Ontwikkeling
Insluiting van gestremdheid in die konteks van ontwikkeling: Geleenthede, uitdagings, beperkings en strategieë
’n Navorsingsprojek gefinansier deur die Suid-Afrikaans Nederlandse Navorsingsprogram op Alternatiewe in Ontwikkeling (SANPAD).
Die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (SAAK) en die Departement van Sosiologie by die Universiteit van Pretoria, in samewerking met die Universiteit van Amsterdam en die Hogeschool Leiden, het begin met ’n navorsingsprojek wat sal fokus op die insluiting van gestremdheid in die breër areas van ontwikkeling en armoede verligting.
Die oorhoofse doelstelling van die voorgestelde projek is om te bepaal tot watter mate gestremdheid ingesluit is binne die huidige ontwikkelingsbeleidsomskrywing, strategieë en programme van hoofstroom ontwikkelingsagentskappe in Suid-Afrika, asook die geleenthede, beperkings en potensiële strategieë vir die insluiting van gestremdheid as ’n aangeleentheid, sowel as persone met gestremdhede as deelnemers, binne die ontwikkelingsbeleidsomskrywing, programme en projekte.
|