English |  Afrikaans |    
  
E-onderwys

Projekvoorstelle

Inleiding

Vestigingskapitaal word deur die Universiteit van Pretoria vir onderwysinnovasieprojekte toegeken. Aansoeke vir hierdie finansiering word gedoen via 'n projekvoorstel wat die aard van die projek uiteensit.

Die Departement vir Onderwysinnovasie (OI) nooi departemente uit om projekvoorstelle voor te lê met 'n aanvraag vir ondersteuning en finansiering vir onderwysinnovasieprojekte. Departemente het ook die opsie om aanlynkursusse te registreer wat nie bykomende finansiering vereis nie.  

Projekte wat nie verstiginskapitaal vereis nie

Die versoek vir 'n clickUP-modulevorm is bedoel om slegs die proses vir die goedkeuring en implementering van webondersteunde projekte te vereenvoudig. Daar word verstaan dat geen Onderwysinnovasie-vestigingskapitaal aanvanklik vereis word nie. Indien die projek ontwikkel in een wat bykomende hulpbronne vereis, kan 'n volle projekvoorstel vir vestigingskapitaal aan die Departement vir Onderwysinnovasie voorgelê word.  

Projekte wat vestigingskapitaal vereis

Toekenning van vestigingskapitaal

'n Stuurkomitee oorweeg hierdie voorstelle en ken die nodige fondse toe na die sluitingsdatum vir voorlegging van projekvoorstelle. Die Projekkantoor binne OI sal die Projekleier inlig oor die aansoek en die nodige dokumentasie bied om toegang tot die fondse te kry.

Projekspanne

Vir elke projek wat deur die Stuurkomitee goedgekeur word, word 'n projekspan saamgestel, wat bestaan uit verskeie rolspelers. Die eienaarskap van 'n onderwysinnovasieprojek is gesetel in die akademiese departement en daarom is die Projekleier gewoonlik die Departementshoof of ander senior akademici in die departement. Die Projekleier se rol is belangrik aangesien hy/sy die projek dryf en die voorlegging van materiaal aan OI koördineer.

Waar om te begin

Akademiese personeellede wat onderwysinnovasieprojekte wil loods, kan die volgende persoon kontak:

 

Kontak

 Detken Scheepers
detken.scheepers@up.ac.za
+27 12 420 1575