Bevindinge van korporatiewe bestuur navorsingsprojek bekendgemaak
ALCRL
Gelaai op 27 May 2013
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) by die Universiteit van Pretoria het op 22 Mei 2013 sy navorsingsbevindinge oor die toestand van korporatiewe bestuur in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die navorsingsinisiatief is in samewerking met die Instituut vir Direkteurs in Suid-Afrika (IoDSA) en Media Tenor gedoen, met die ondersteuning van Ernst & Young en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Dit het die ontwikkeling van die King-kodes vanaf die vroeë 1990s tot die onlangse aanvaarding van King III binne maatskappye ondersoek.
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods
ALCRL
Gelaai op 21 May 2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.
Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods
ALCRL
Gelaai op 15 May 2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
Geskiedkundige onderhoud met dr Albertina Luthuli
ALCRL
Gelaai op 06 May 2013
Mnr Anthony Makeketa, wat verantwoordelik is vir bemarking en kommunikasie by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het op 26 April 2013 die Albert Luthuli Museum in Groutville besoek om ’’n onderhoud met dr Albertina Luthuli, dogter van Kaptein Albert Luthuli, te voer. Die hoofdoel van hierdie geskiedkundige besoek was om die onderwerp van verantwoordelike leierskap met dr Luthuli te bespreek, asook om die nalatenskap van haar pa, Kaptein Albert Luthuli te verken en te bepaal hoe die ALSVL deur akademie en navorsing tot sy nalatenskap kan bydra.
Die ALSVL loods die Geïntegreerde Verslaggewing Konsepraamwerk vir Konsultasie
ALCRL
Gelaai op 22 Apr 2013
16 April 2013 was ’n geskiedkundige datum vir ontwikkeling op die gebied van geïntegreerde verslaggewing en meer spesifiek die toekoms van korporatiewe verslaggewing. Sommige kenners meen dat hierdie datum ’n alternatief van stapel sal stuur vir wat vandag steeds die hoofdoelwit van saketransaksies is, naamlik maksimum winsoogmerk.
Loodsing van Konsepartikel Nr 1 – Exxaro-UP-program vir Sake- en Biodiversiteitsleierskap
ALCRL
Gelaai op 26 Mar 2013
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het op 15 Maart 2013 ’n konsepartikel getiteld “The Business & Biodiversity Leadership Landscape: Conceptual Foundations, Challenges, Opportunities,& Pathways for the Future” geloods.
Boekbekendstelling by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap
ALCRL
Gelaai op 20 Mar 2013
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap en die Departement Ondernemingsbestuur het op 12 Maart 2013 die voorreg gehad om as gasheer op te tree vir die bekendstelling van mnr Brand Pretorius se boek, In the driving seat, my leadership journey.