University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
The Albert Luthuli Centre for Responsible Leadership

Nuus (Argief)

UP ideaal geposisioneer om ’n bydrae te lewer
The Albert Luthuli Centre for Responsible Leadership
Gelaai op 17 Apr 2014

Afrika-universiteite het ’n belangrike rol te speel in die kontinent se transformasie en die Universiteit van Pretoria (UP) is ideaal geposisioneer om so ’n bydrae te lewer.

[Lees Meer]

UP-professor die eerste om ’n fakulteit by Dalhousie Universiteit te besoek
Albert Luthuli Centre for Responsible Leadership
Gelaai op 15 Apr 2014

Prof Derick de Jongh, direkteur van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), was die eerste besoekende professor aan die Bestuursfakulteit van die Dalhousie Universiteit in Kanada.

[Lees Meer]

Studente na verantwoordelike leierskap georiënteer
ALCRL
Gelaai op 17 Feb 2014

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het op 4 Januarie die 2014 MPhil in Verantwoordelike Leierskap-klas verwelkom. Die groep studente, wat die verskeie sektore verteenwoordig, insluitend die openbare sektor, private NRO’s en navorsingsentiteite, is bederf met ’n oriënteringsvoorlegging deur mnr Sbu Mangele, ’n groepdirekteur van Switch Group.

[Lees Meer]

Imperatiewe vir effektiewe transgrens-waterbestuur in Afrika bespreek
ALCRL
Gelaai op 09 Dec 2013

Dr Claudious Chikozho en me Laura Danga van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het die 14de Jaarlikse Waternet/WARFSA/GWP-SA-simposium in Dar es Salaam, Tanzanië bygewoon, waar dr Chikozho ’n referaat gelewer het, getiteld ‘Revisiting the Leadership and Management Capacity-Building Imperatives for Effective Transboundary Water Governance in Africa'.

[Lees Meer]

Geïntegreerde-verslagdoeningsjaarboek 2013 vrygestel
Albert Luthuli Centre for Responsible Leadership (ALCRL)
Gelaai op 04 Dec 2013

Die Albert Luthuli-sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) en sy Geïntegreerde-verslagdoeningspan het op 28 November die Geïntegreerde-verslagdoeningsjaarboek 2013 vrygestel. Dieselfde geleentheid was ook ʼn viering ter ere van die eerste groep studente wat die Nagraadse Diploma in Geȉntegreerde-verslagdoening voltooi het.

[Lees Meer]

Besoekende geleerde besin oor verantwoordelike leierskap in Suid-Afrika
ALCRL
Gelaai op 22 Nov 2013

Professor Sandra Waddock van die Boston College in die VSA het die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap vir die maand van Oktober 2013 besoek op uitnodiging van professor Derick de Jongh, direkteur van die Sentrum.

[Lees Meer]

UP-wetenskaplike raap toekenning op vir haar water-wysheid
ALCRL
Gelaai op 15 Nov 2013

PhD-student Laura Danga, van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap aan die Universiteit van Pretoria, het die toekenning vir die BESTE JONG WATER-WETENSKAPLIKE 2013 ontvang in die plakkaat-kategorie van die 14de WaterNet/WARFSA/GWP-SA Simposium. Sy was een van 30 jong water-wetenskaplikes wat die Simposium in Dar es Salaam, Tanzaniëë bygewoon het. Die geleentheid is van 30 Oktober tot 1 November 2013 by die White Sands Hotel in die hoofstad van hierdie Oos-Afrikaland gehou.

[Lees Meer]

Prof Sandra Waddock besoek SA om met ALSVL-personeel te vergader
ALCRL
Gelaai op 16 Oct 2013

Prof Sandra Waddock het onlangs in Suid-Afrika gearriveer vir ’’n maand lange besoek op uitnodiging van prof Derick de Jongh, direkteur van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap. Sandra is tans die Galligan-leerstoel van Strategie, die Carroll Skool-beurshouer van Korporatiewe Verantwoordelikheid en professor van bestuur by Boston Kollege, VSA.

[Lees Meer]

Navorser praat reguit oor voedselsekuriteit
ALCRL
Gelaai op 10 Oct 2013

Me Anesu Makina, navorsingsbeampte by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), was ’n paneellid by die eerste Afrika Voedselsekuriteit-konferensie wat in Augustus 2013 in Nairobi, Kenia gehou is. Die titel van haar voorlegging was “Die rol van die privaat sektor: Uitdagings en geleenthede”.

Die konferensie, wat deur die Verenigde Nasies Omgewingsprogram aangebied is, het ekostelsel-gebaseerde benaderinge tot die bevordering van voedselsekuriteit, ekostelsel produktiwiteit en aanpassing by klimaatsverandering in Afrika verken. “Sakeondernemings in alle sektore maak op biodiversiteit en ekostelsel-dienste staat en talle maatskappye begin die sakerisiko’s wat met die verwaarlosing van ekostelsel-kwessies gepaard gaan, oorweeg”, het me Makina tydens haar voorlegging gesê.

[Lees Meer]

’n Jong wêreld-ambassadeur deel haar sienings
ALCRL
Gelaai op 19 Sep 2013

Candice Sehoma, ’n student wat tans met ’n Gemeenskapsielkunde-graad aan Unisa besig is, het die storie oor haar inisiatief in die Gautengse township Alexandra met die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) gedeel.

[Lees Meer]

Die Albert Luthuli-sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het 'n konferensie oor mikrofinansies bygewoon
ALCRL
Gelaai op 29 Aug 2013

Die Sentrum vir Inklusiewe Bankwese in Afrika (CIB) was gasheer vir die 6de African Microfinance Conference in Durban. Gedurende hierdie konferensie wat drie dae lank geduur het, het die Albert Luthuli-sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALCRL) 'n tentoonstellingstalletjie met die CIB gedeel.

[Lees Meer]

Verslag oor Afrikaleierskap vrygestel
ALCRL
Gelaai op 13 Aug 2013

Die Albert Luthuli-sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het op 31 Julie 2013 ʼn verslag oor die Leierskap vir Afrika-loodsfase in Tanzanië vrygestel.

Die Instituut van Afrikaleierskap vir Volhoubare Ontwikkeling (UONGOZI) het opdrag vir die projek gegee wat ’n opgedateerde, verfynde en getoetsde navorsingsmetodologie asook voorlopige navorsingsbevindings aanbied.

[Lees Meer]

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap vier Mandeladag
ALCRL
Gelaai op 30 Jul 2013

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het kragte met Exarro saamgesnoer vir die viering van die voormalige president Nelson Mandela se verjaardag.

[Lees Meer]

Bevindinge van korporatiewe bestuur navorsingsprojek bekendgemaak
ALCRL
Gelaai op 27 May 2013

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) by die Universiteit van Pretoria het op 22 Mei 2013 sy navorsingsbevindinge oor die toestand van korporatiewe bestuur in Suid-Afrika bekendgemaak.

Die navorsingsinisiatief is in samewerking met die Instituut vir Direkteurs in Suid-Afrika (IoDSA) en Media Tenor gedoen, met die ondersteuning van Ernst & Young en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Dit het die ontwikkeling van die King-kodes vanaf die vroeë 1990s tot die onlangse aanvaarding van King III binne maatskappye ondersoek.

[Lees Meer]

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods
ALCRL
Gelaai op 21 May 2013

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.

Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.

[Lees Meer]

’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods
ALCRL
Gelaai op 15 May 2013

Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.

[Lees Meer]

Geskiedkundige onderhoud met dr Albertina Luthuli
ALCRL
Gelaai op 06 May 2013

Mnr Anthony Makeketa, wat verantwoordelik is vir bemarking en kommunikasie by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het op 26 April 2013 die Albert Luthuli Museum in Groutville besoek om ’’n onderhoud met dr Albertina Luthuli, dogter van Kaptein Albert Luthuli, te voer. Die hoofdoel van hierdie geskiedkundige besoek was om die onderwerp van verantwoordelike leierskap met dr Luthuli te bespreek, asook om die nalatenskap van haar pa, Kaptein Albert Luthuli te verken en te bepaal hoe die ALSVL deur akademie en navorsing tot sy nalatenskap kan bydra.

[Lees Meer]

Die ALSVL loods die Geïntegreerde Verslaggewing Konsepraamwerk vir Konsultasie
ALCRL
Gelaai op 22 Apr 2013

16 April 2013 was ’n geskiedkundige datum vir ontwikkeling op die gebied van geïntegreerde verslaggewing en meer spesifiek die toekoms van korporatiewe verslaggewing. Sommige kenners meen dat hierdie datum ’n alternatief van stapel sal stuur vir wat vandag steeds die hoofdoelwit van saketransaksies is, naamlik maksimum winsoogmerk.

[Lees Meer]

Loodsing van Konsepartikel Nr 1 – Exxaro-UP-program vir Sake- en Biodiversiteitsleierskap
ALCRL
Gelaai op 26 Mar 2013

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het op 15 Maart 2013 ’n konsepartikel getiteld “The Business & Biodiversity Leadership Landscape: Conceptual Foundations, Challenges, Opportunities,& Pathways for the Future” geloods.

[Lees Meer]

Boekbekendstelling by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap
ALCRL
Gelaai op 20 Mar 2013

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap en die Departement Ondernemingsbestuur het op 12 Maart 2013 die voorreg gehad om as gasheer op te tree vir die bekendstelling van mnr Brand Pretorius se boek, In the driving seat, my leadership journey.

[Lees Meer]

Toegewyd tot volhoubaarheid
ALCRL
Gelaai op 12 Feb 2013

Prof Derick de Jongh, direkteur van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, is deur die Europese Stigting vir Bestuursontwikkeling (ESBO) genooi om ’n voorlegging te lewer by die Dekane en Direkteure Algemene Konferensie wat van 31 Januarie tot 1 Februarie 2013 by die Koç Universiteit se Sakeskool in Turkye gehou is.

[Lees Meer]

Eerste inlaat van kandidate
ALCRL
Gelaai op 31 Jan 2013

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het op 22 Januarie 2013 die eerste inlaat van kandidate wat vir die Nagraadse Diploma in Geïntegreerde Verslaggewing (NGDGV) ingeskryf is, verwelkom. Die Diploma is die eerste van sy soort en word deur PricewaterhouseCoopers (PwC) geborg.

[Lees Meer]

Konferensie bring wêreldwye denkleiers byeen
ALCRL
Gelaai op 12 Dec 2012

Die 2de Internasionale Konferensie oor Verantwoordelike Leierskap het in November 2012 plaasgevind en nasionale en internasionale denkleiers oor verantwoordelike leierskap byeen gebring.

Die vierdag Africa Leads-spitsberaad is deur die Universiteit van Stellenbosch Sakeskool aangebied, in samewerking met die Globally Responsible Leadership Initiative (GRLI) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap aan die Universiteit van Pretoria.

[Lees Meer]

Bespreking met denkleiers
ALCRL
Gelaai op 26 Sep 2012

’n Bespreking met internasionale denkleiers oor korporatiewe bestuur is op Maandag 4 September 2012 by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) gehou.

[Lees Meer]

Lonmin: Akademikus gee sy mening.
ALCRL
Gelaai op 28 Aug 2012

Prof Derick de Jongh, Direkteur van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het op 21 Augustus 2012 tydens 'n onderhoud op Radio Sonder Grense (RSG) sy mening uitgespreek oor die onlangse Lonmin gebeure en die rol wat verantwoordelike leierskap kan en behoort te speel in soortgelyke situasies.

[Lees Meer]

Leader5 tref die treinspoor
Willem Fourie
Gelaai op 01 Aug 2012

Musikant en videograaf, Deon Meiring en dr Willen Fourie, etikus by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike leierskap (ALSVL) het gedurende Junie en Julie 2012 ’n inspirerende treinreis onderneem. Die projek, genaamd Leader5, is deur die ALSVL aangebied.

[Lees Meer]

Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap vorm gemeenskap van praktyk
Suzanne Kleynhans
Gelaai op 31 Jul 2012

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), wat in die Departement Ondernemingsbestuur gesetel is, het ’n belangrike bydrae gelewer tot die gesprekke oor transformasionele leierskap gedurende ’n werkswinkel wat in Julie 2012 plaasgevind het.

[Lees Meer]

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap stel nog ’n nuwe program bekend
Cloete Jansen van Vuuren
Gelaai op 05 Jul 2012

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) aan die Universiteit van Pretoria (UP) het in samewerking met Exxaro ’n nuwe navorsingsprogram oor sake- en biodiversiteitsleierskap van stapel gestuur.

[Lees Meer]

Pleidooi vir radikale transformasie van Bestuursonderwys by RIO+20 bekendgestel
John North
Gelaai op 03 Jul 2012

Die Albert Luthuli-sentrum vir Verantwoordelike Leierskap en die Universiteit van Pretoria het tydens die onlangse RI0+20-nasiekonferensie oor Volhoubare Ontwikkeling in Rio de Janeiro die voortou geneem met die bekendstelling van die 50+20-agenda en -film.

[Lees Meer]

Korporatiewe bestuur onderhoudreeks
ALCRL
Gelaai op 30 May 2012

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelik Leierskap (ALSVL) het as deel van die Korporatiewe Bestuur Navorsingsprogram, wat in samewerking met GIBS aangebied word, ’n reeks onderhoude oor korporatiewe bestuur in Suid-Afrika met sleutel-denkleiers gevoer.

[Lees Meer]

UP-student by YES in Japan
Sonja van der Waldt
Gelaai op 07 May 2012

Cloete Jansen van Vuuren, ’n nagraadse student van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike leierskap in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, het gedurende April die 2012 Youth Encounter on Sustainability (YES)-kursus in Japan bygewoon.

[Lees Meer]

YES in Japan
Sonja van der Waldt
Gelaai op 03 Apr 2012

Cloete Jansen van Vuuren, ’n student in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, het op 21 Maart 2012 na Japan vertrek om by die Youth Encounter on Sustainability (YES) aan te sluit. YES is ’n baanbrekerskonsep in opvoeding vir volhoubare ontwikkeling en teiken universiteitstudente en jong beroepsmense.

[Lees Meer]

Werkswinkel vir die Leierskap vir Afrika-navorsingsprojek gehou
ALCRL/ALSVL
Gelaai op 29 Mar 2012

Personeellede van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het op 14 Maart 2012 ’n voldag-werkswinkel saam met hul vennootorganisasie, die Uongozi Instituut, in Dar es Salaam bygewoon. Die werkswinkel het deel gevorm van die aanvanklike fase van hul Leierskap vir Afrika (LvA)-navorsingsprojek.

[Lees Meer]

Onderhoud met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, deur die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (UP-web)
Prof Derick de Jongh
Gelaai op 23 Mar 2012

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelik Leierskap (ALSVL) het ’n onderhoud met Pravin Gordhan, Minister van Finansies, gevoer as deel van ’n reeks denkleiers met wie onderhoude gevoer word oor die onderwerp van korporatiewe bestuur in Suid-Afrika.

[Lees Meer]

Verantwoordelike leiers kan ontwikkel word
John North
Gelaai op 01 Mar 2012

“Die leierskap van groot en vaardige individue word benodig om die wêreld se grootste en mees ingewikkelde probleme te pak, daarom moet leierskap gekweek word.” Dít was Bheki Sibiya, uitvoerende hoof van die SA Kamer van Mynwese, se boodskap by ’n verantwoordelike leierskapsontbyt hierdie week as voorloper van die Verantwoordelike Leierskap Meestersklas (VLMK), wat deur Microsoft Suid-Afrika en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) in samewerking met Voortgesette Opleiding by die Universiteit van Pretoria gereël word.

[Lees Meer]

Groenste Vlot Toekenning tydens JOOL 2012 beoordeel
ALCRL
Gelaai op 16 Feb 2012

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap was weereens deel van die beoordelingspaneel tydens UP se 2012 JOOL Optog wat op Saterdag 11 Februarie 2012 plaasgevind het.

[Lees Meer]

ALCRL woon 50+20-reëlingskomiteevergadering by
Ben van der Merwe
Gelaai op 09 Dec 2011

Prof Derick de Jongh en John North van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALCRL) het die reëlingskomiteevergadering van die 50+20-groep bygewoon wat op 20 en 21 November 2011 by die Sakeskool Lausanne in Grandvaux, Switserland plaasgevind het en waar die komende verslag van die 50+20-groep bespreek is. Die verslag skets ’n radikale nuwe visie vir bestuursonderrig en ’n konsepweergawe van die verslag is in oënskou geneem.

[Lees Meer]

Navorsingsvennootskap tussen die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALCRL) en Harvard Business School oor korporatiewe bestuur, deur Ernst & Young ondersteun
ALCRL
Gelaai op 08 Nov 2011

Die ALCRL is deur die Harvard Business School genader om ’n vennootskap met hulle aan te gaan vir die skryf van 'Corporate Governance and Its Consequences: A South Africa Case Study' as deel van ’n wyer navorsingsinisiatief wat die uitwerking van korporatiewe bestuur vir volhoubare ontwikkeling ondersoek.

[Lees Meer]

Eendagseminaar oor verantwoordelike leierskap
Prof Derick de Jongh
Gelaai op 19 Oct 2011

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap by die Universiteit van Pretoria het 'n eendagseminaar getiteld Verantwoordelike leierskap: lesse geleer, in samewerking met die 'Globally Responsible Leadership Initiative (GRLI)' aangebied.

[Lees Meer]

Openbare lesing aangebied deur Dr Kumi Naidoo
Prof Derick de Jongh
Gelaai op 17 Aug 2011

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap bied op 23 Augustus 2011 'n openbare lesing aan waar Kumi Naidoo, Internasionale Uitvoerende Direkteur van Greenpeace, oor ons vordering in die strewe na 'n wêreldwye klimaatsverandering-ooreenkoms sal besin.

[Lees Meer]

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap bekendgestel
Gelaai op 27 Jul 2011

Die amptelike opening van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het op Dinsdag 26 Julie 2011 in die Burgundy's Klubsaal op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria plaasgevind.

[Lees Meer]

Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap
Gelaai op 25 May 2011

Die oorspronklike leierskapsentrum van die Universiteit van Pretoria is in die laat jare negentig gestig met die doel om die ontwikkeling van leierskap te bevorder deur samewerking tussen verskillende dissiplines en fakulteite aan te moedig, en sodoende ten volle te baat by die Universiteit se kollektiewe akademiese kennis. Deur die volle spektrum van uiteenlopende kundighede in alle fakulteite te benut, sou dit moontlik wees om programme van wêreldklasgehalte vir leierskapontwikkeling te ontwerp, en om navorsing te doen wat aan die strengste hedendaagse vereistes voldoen.

[Lees Meer]

Vennootskap tussen Toyota SA en die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap aan die Universiteit van Pretoria
Gelaai op 17 Mar 2011

Die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (SVL) aan die Universiteit van Pretoria het op Donderdag 10 Maart 2011 besit geneem van ?n Toyota Prius geborg deur Toyota SA (TSA).

[Lees Meer]

'n Boek oor gesprekke met vooraanstaande uitvoerende hoofde van Suid-Afrikaanse besigheidsmaatskappye word bekendgestel
Gelaai op 29 Nov 2010

Die bekendstelling van die boek getiteld Courageous Conversations, het op 25 November in die Hyatt Regency Hotel in Johannesburg plaasgevind. Courageous Conversations is 'n multi-media versameling van gesprekke tussen die bekende finansiële joernalis en skrywer, David Gleason en veertien bekende hoof uitvoerende beamptes van vooraanstaande besighede in Suid-Afrika.

[Lees Meer]

Openbare lesing deur Dr Joanne Tippett
Jo-Anne Adams-Underhill
Gelaai op 27 Jul 2010

Die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap nooi u vriendelik uit na 'n openbare lesing deur Dr Joanne Tippett van die School of Environment and Development, Universiteit van Manchester, Verenigde Koninkryk.

[Lees Meer]

Eerste Internasionale Kongres aangebied deur die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap.
Prof Derick de Jongh
Gelaai op 01 Oct 2009

Die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap aan die Universiteit van Pretoria is in samewerking met die GTZ gasheer van die eerste Internasionale Konferensie vir Verantwoordelike Leierskap.

Die Konferensie vind plaas op 18 Mei tot 20 Mei 2010.

Tema: "Developing the next generation of responsible leaders"

[Lees Meer]

Leierskapsentrum by Universiteit van Pretoria gestig
Published in: Tukkievaria
Gelaai op 21 May 2009

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het ʼn Sentrum vir Leierskap by die Universiteit van Pretoria gestig. Prof Derick de Jongh is as die direkteur van die sentrum aangestel.

[Lees Meer]

 
Die volgende Artikels is slegs in Engels beskikbaar:
 
Apply now: M Phil Business Management: Responsible Leadership
Gelaai op 15 May 2011

We are excited to announce our new M Phil programme in Business Management, with a focus on Responsible Leadership.

[Lees Meer]

Call for papers: 2nd International Conference on Responsible Leadership
Gelaai op 24 Jan 2011

The Centre for Responsible Leadership, in partnership with the Globally Responsible Leadership Initiative (GRLI) will host the Second International Conference on Responsible Leadership at the University of Pretoria, Main Campus, South Africa. The conference will be taking place from 13 to 15 September 2011. Please see the Conference 2011 section of our website.

[Lees Meer]

Calculating the carbon emissions of the First International Conference on Responsible Leadership
Deur Eben le Roux
Gelaai op 11 Jun 2010

Participants in the recent international conference at the Centre for Responsible Leadership (from the 18th to the 20th of May, 2010), would remember being "detained" for a little while upon their arrival. They were asked to answer a few simple questions regarding their points of departure, means of transportation, the length of time they were staying at the conference and their hotels, as well as the means in which they were commuting to the conference every day. This was part of our efforts to capture information to help give us an indication of the amount of carbon we were emitting during the conference.

[Lees Meer]

The 1st International Conference on Responsible Leadership
Deur Prof Derick de Jongh
Gelaai op 27 May 2010

The 1st International Conference on Responsible Leadership

'Developing the next generation responsible leaders'

(A Post-conference note)

From the 18th to the 20th of May, 2010, some 149 professionals from across the globe gathered at the University of Pretoria, South Africa, for the First International Conference on Responsible Leadership.

[Lees Meer]

The Centre for Responsible Leadership is involved in a tree planting project.
Deur Eben le Roux
Gelaai op 15 Mar 2010

Staff from the CRL recently went on a tree planting trip to schools in the Tshwane Region, as part of a project to help neutralise carbon emissions associated with a conference they are organizing (the International Conference on Responsible Leadership).

[Lees Meer]

First International Conference in Responsible Leadership
Deur Jo-Anne Adams-Underhill
Gelaai op 18 Feb 2010

The Centre for Responsible Leadership in partnership with the GTZ will host the first International Conference in Responsible Leadership at the University of Pretoria. The conference will take place from18-20 May 2010. The theme of the conference is "Developing the next generation responsible leaders".

[Lees Meer]

Visiting executives share wisdom at UP
Deur Prof Derick de Jongh
Gelaai op 03 Nov 2009

As part of the University of Pretoria and the Faculty of Economic and Management Sciences’ drive to create closer ties with commerce and industry, a new position of appointment for senior business people Visiting Executives has been approved in order to create awareness amongst staff members and students.

[Lees Meer]

Leaders for Good
Deur Prof Derick de Jongh
Gelaai op 21 May 2009

A Centre for Responsible Leadership has been established in the Faculty of Economic and Management Sciences of the University of Pretoria.

[Lees Meer]

Commentary on the first session of the 3rd PRME Global Forum: PART 2
Deur Prof Derick de Jongh
Gelaai op 27 Jun 2012

Following a brief overview on the first session of the PRME Global Forum in our previous post, we feel it prudent to describe our concerns in more detail and less frivolity. In short, we’re disappointed, frustrated, even annoyed. While the merry-go-round of mutual congratulations continue the world is going to hell – just as it had been the last time we gathered in Rio.

[Lees Meer]

Call for papers: 2nd International Conference on Responsible Leadership
Deur John North
Gelaai op 01 Mar 2012

The 2nd International Conference on Responsible Leadership will take place as part of Africa Leads at Spier Wine Estate during the week of 19 November 2012. Africa Leads is a week long collaborative learning and research event hosted by the University of Stellenbosch Business School in association with the Globally Responsible Leadership Initiative (GRLI) and Spier Wines.

[Lees Meer]

«Terug na die huidige nuus