English |  Afrikaans |    
  
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

Openbare lesing aangebied deur Dr Kumi Naidoo

Deur Prof Derick de Jongh

Gelaai op 17 Augustus 2011



Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap bied op 23 Augustus 2011 'n openbare lesing aan waar Kumi Naidoo, Internasionale Uitvoerende Direkteur van Greenpeace, oor ons vordering in die strewe na 'n wêreldwye klimaatsverandering-ooreenkoms sal besin.

Naidoo is ’n Suid-Afrikaanse burger en die eerste Afrikaan wat aan die hoof van Greenpeace staan. Nadat hy gedurende die 1970’s en 1980’s apartheid deur middel van die Helping Hands Youth Organisation beveg het, het Naidoo wêreldwye veldtogte gelei om armoede te bekamp en menseregte te beskerm. Hy het onlangs die Global Campaign for Climate Action gelei, wat omgewings- en hulpgroepe, religieuse- en menseregtegroepe, arbeid-unies, wetenskaplikes en ander byeen bring en massa-demonstrasies rondom klimaatsverandering-onderhandelinge gereël het. Naidoo het gedurende Junie 2011 vier dae in ’n Groenlandse tronk deurgebring, nadat hy ’n aanslag op ’n olie-platform wat deur Cairn Energy besit word geloods het, as deel van Greenpeace se “Go Beyond Oil”-veldtog.

Hierdie lesing beloof om hoogs relevant te wees in die lig van die opkomende 17de Konferensie van die Partye by die VN-raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering (COP17), wat gedurende November 2011 in Durban aangebied gaan word. Greenpeace het al beroepe op regerings en ondernemings gedoen vir direkte aksie met die oplossing van die klimaatsverandering-probleem en sal ook in Durban onderhandel vir die finalisering van ’n klimaatsverandering-ooreenkoms.

Die besonderhede van die openbare lesing is as volg:

Datum: Dinsdag 23 Augustus 2011
Tyd: 18:00
Plek: VSR-raadsaal, Hatfieldkampus, Universiteit van Pretoria
RSVP: Voor of op 22 Augustus 2011 aan lynette.vanniekerk@up.ac.za
Navrae: Lynette van Niekerk by 012 420 3134



Bookmark this page: