English |  Afrikaans |    
  
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

Verantwoordelike leiers kan ontwikkel word

Deur John North

Gelaai op 01 Maart 2012

Van links na regs: John North (Programdirekteur, Verantwoordelike Leierskap Meestersklas), prof Derick De Jongh (Direkteur, ALCRL), prof Stella Nkomo (Dept Menslikehulpbronbestuur, UP), Mteto Nyati (Bestuurder-direkteur, Microsoft SA), Thando Njoko (Anglo Gold Ashanti), Vis Naidoo (Microsoft SA) en Bheki Sibiya (HUB, Kamer van Mynwese)
Van links na regs: John North (Programdirekteur, Verantwoordelike Leierskap Meestersklas), prof Derick De Jongh (Direkteur, ALCRL), prof Stella Nkomo (Dept Menslikehulpbronbestuur, UP), Mteto Nyati (Bestuurder-direkteur, Microsoft SA), Thando Njoko (Anglo Gold Ashanti), Vis Naidoo (Microsoft SA) en Bheki Sibiya (HUB, Kamer van Mynwese)

“Die leierskap van groot en vaardige individue word benodig om die wêreld se grootste en mees ingewikkelde probleme te pak, daarom moet leierskap gekweek word.” Dít was Bheki Sibiya, uitvoerende hoof van die SA Kamer van Mynwese, se boodskap by ’n verantwoordelike leierskapsontbyt hierdie week as voorloper van die Verantwoordelike Leierskap Meestersklas (VLMK), wat deur Microsoft Suid-Afrika en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) in samewerking met Voortgesette Opleiding by die Universiteit van Pretoria gereël word.

Die doel van die kursus is om die VLMK as ’n eksklusiewe en internasionaal-erkende kortkursus te posisioneer wat daarop fokus om verantwoordelike sakeleierskap te ontwikkel.
 
Die VLMK skep ’n geleentheid vir senior bestuurslede om krities oor die rol van sake en leierskap in die gemeenskap te oordeel en om daardie aannames wat onderliggend aan sakeleiers se aksies is, uit te daag. Deelnemers deel die visie van ’n ideale toekoms-scenario en ontwikkel die denkpatroon en benaderings wat bevorderlik is vir konstruktiewe aksie. Geleenthede vir kollektiewe en individuele positiewe aksie word regdeur die program verweef. Die ervaring word gefasiliteer, eerder as gedoseer.

Gedurende hierdie kursus word die filosofiese en morele dimensies van die volhoubaarheidsuitdaging beklemtoon met minder fokus op die tegniese uitdagings. Bestaande raamwerke en kontrasterende nuwe menings, soos kompeterende kapitalisme teenoor konstruktiewe kapitalisme; etiese teenoor banale volhoubaarheid; beginsel-bemiddelde teorie en tradisionele leierskapsteorieë word ook die hoof gebied.
 
Die bestaande senior bestuursopleidingsprogramme fokus daarop om óf bewustheid te skep sonder om op volhoubaarheidskwessies klem te lê, óf om aksieplanne te ontwikkel om die volhoubaarheidsuitdaging op te los. Die VLMK sal deur middel van sy onderrig-en-leer-metode bewusmaking én aksieplanne inspan. ’n Unieke klem word op die ontwikkeling van verantwoordelike leieskapskwaliteite en -praktyke gelê, insluitend praktiese wysheid, kritiese besinning, morele moedigheid en globale inklusiwiteit.
 
“By Microsoft beskou ons die persoonlike rol wat ’n individu in sy of haar organisasie speel as die eerste stap om ’n verskil in die breër gemeenskap te maak. Die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap se Meestersklas is ’n perfekte platform waar deelnemers ’n visie van verantwoordelike leierskap kan vorm, asook wat dit in die huidige omstandigheid beteken”, sê Sibiya.
 
Die kursus is ontwerp teen die agtergrond van die feit dat die gemeenskap ’n fundamentele verandering in perspektief oor sakeleierskap benodig. Die kursus sluit gesprekke regoor die spektrum van industrieë in, soos filosofie, ekonomie, kuns, natuurwetenskappe en die kollektiewe menslike geskiedenis.
 
Prof Derick de Jongh, Direkteur van die ALSVL het opgemerk dat hierdie unieke kursus moedige en reguit gesprekke gedurende die vyf-dag leer-en-deel-platform aanmoedig. Deelnemers keer dan terug na hul ‘normale’ lewens om verantwoordelike leierskapsgedrag te beoefen, waarna hulle weer kom terugrapporteer oor hul leierskapsprojekte en wat hulle uit hul eie projekte sowel as dié van ander deelnemers geleer het.
 
Kontak asseblief die programdirekteur, John North, by die ALSVL by 012 420 3386 of john@hypernorth.com vir meer inligting.


Bookmark this page: