Welkom by Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap
Waardeaanbiedings
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap is 'n multidissiplinêre, interfakulteiteenheid aan die Universiteit van Pretoria, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat in die Departement Ondernemingsbestuur geleë is. Sy sterkte lê in sy vermoë om die akademiese integriteit van 'n verskeidenheid akademiese dissiplines in te span, wat areas dek soos ekonomiese en bestuurswetenskappe, omgewingswetenskappe, natuurwetenskappe, die reg, ingenieurswese en geesteswetenskappe, om 'n paar te noem.
Sy wettigheid lê in sy vermoë om op sleutelkwessies in die veld van korporatiewe verantwoordelikheid en verantwoordelike leierskap te reageer.
Sy relevansie word bepaal deur die graad waartoe insethouers, intern (fakulteit aan UP) en ekstern (private sektor, publieke sektor en burgerlike samelewing), 'n premie plaas op die ALSVL se vermoë om verantwoordelike leierskap deur relevante onderrig- en navorsingstussenkomste te bevorder.
Die SVL@UP is 'n sentrum van uitnemendheid wat 'n nuwe generasie van verantwoordelike leiers ontwikkel, wat plaaslike en internasionale besigheidspraktyk en beleid ter ondersteuning van sosiale en omgewingsgeregtigheid vorm.
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.
Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
Mnr Anthony Makeketa, wat verantwoordelik is vir bemarking en kommunikasie by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het op 26 April 2013 die Albert Luthuli Museum in Groutville besoek om ’’n onderhoud met dr Albertina Luthuli, dogter van Kaptein Albert Luthuli, te voer. Die hoofdoel van hierdie geskiedkundige besoek was om die onderwerp van verantwoordelike leierskap met dr Luthuli te bespreek, asook om die nalatenskap van haar pa, Kaptein Albert Luthuli te verken en te bepaal hoe die ALSVL deur akademie en navorsing tot sy nalatenskap kan bydra.
16 April 2013 was ’n geskiedkundige datum vir ontwikkeling op die gebied van geïntegreerde verslaggewing en meer spesifiek die toekoms van korporatiewe verslaggewing. Sommige kenners meen dat hierdie datum ’n alternatief van stapel sal stuur vir wat vandag steeds die hoofdoelwit van saketransaksies is, naamlik maksimum winsoogmerk.
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap het op 15 Maart 2013 ’n konsepartikel getiteld “The Business & Biodiversity Leadership Landscape: Conceptual Foundations, Challenges, Opportunities,& Pathways for the Future” geloods.
'n Kundige se mening oor die stand van bestuursonderrig
Prof Derick de Jongh, direkteur van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het in ’n onlangse onderhoud deur George Bickerstaffe oor die stand van bestuursonderrig in Suid-Afrika en Afrika as geheel gepraat. Klik hier om die artikel te lees.
Post-Graduate Diploma in Integrated Reporting
(sponsored by PwC)Read more
The 2nd International Conference on Responsible Leadership
November 2012 Read more
Corporate Government Research Programme, Interview Summary Report compiled by Jess Schulsckenk. Click here