University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Watersport

Lede van TuksTriathlon in twee driekampkompetisies.

Deur Sonia Egas

Gelaai op 20 April 2012



Lede van TuksTriathlon het die afgelope naweek hul staal gewys in twee driekampkompetisies.

In die eerste been van die Wêreldkampioenskapreeks in Sydney, Australië, het Richard Murray die eerste Afrikaner en Suid-Afrikaner geword wat die podium by ’n wêreldkampioenskapreeks bestyg het deur die tweede plek in ’n wêreldklasveld te verower. Carlyn Fisher, tans ʼn Tuks-student, het die sestigste plek in die damesresies ingeneem.

 

Die Cross Triathlon-Afrikakampioenskappe het in Hartebeespoort plaasgevind en vorm deel van die ITU-veldprogram. Twee Tuks-studente en -beurshouers, Nico Sterk en Rudolf Naude, het onderskeidelik eerste en tweede gekom in die manseliteresies met Theo Blignaut wat vierde plek ingeneem het met die vinnigste “run split” van die dag na vier lekbande aan die fiets. Theo en Rudolf is albei hpc-beursatlete.

 

In die damesresies het Carla van Huyssteen haarself dramaties laat geld en met ʼn dawerende vertoning deur die damesresies te wen en daardeur ʼn uiteindelike algehele vierde plek te verower. In die juniornommer het Marlette Smit, TuksAkademie-beurshouer en SRSA-atleet, saam met spanmaat Charne Prinsloo tweede gekom.

 

Ons is almal besonder trots op ons TuksTriathlon-lede.




Taalversorger: Elna MŲller
Bookmark this page: