Meer oor ons
Die ondersteuning van opvoedkundige ondernemings noodsaak dikwels aangepaste ingrepe. Die konsultante, beide kollektief en/of individueel, assisteer graag tydens werkswinkels en opleidingsessies soos aangevra deur groeperings soos departemente, skole of selfs lektorgroepe wat met soortgelyke kwessies getaak is. Die fokus hiervan wissel grootliks en sluit onderwerpe in soos veranderingsbestuur, aktiewe leer, leerbeplanning, assessering in verskeie formate of die opvoedkundig sterk gebruik van opvoedkundige media. Voel vry om jou behoeftes met jou fakulteitkonsultant te bespreek, wat jou sal help om die beste oplossing vir die betrokke situasie te identifiseer.
Die aktiwiteite van die opvoedkundige konsultant sluit in:
- bevordering van beste praktyk in terme van kwaliteitonderwys en -leer binne die fakulteit;
- ondersteuning van groepe en individuele lektors met die beplanning en ontwikkeling van (onder andere) leergeleenthede, leermateriale, kurrikula, assesseringsgeleenthede en assesseringsinstrumente;
- aanbied van opleiding in terme van die bogenoemde en/of ander relevante onderwerpe;
- fasilitering van besprekings/sessies oor relevante onderwerpe soos “groot klasse”;
- evaluering (slegs op versoek) van die verskillende aspekte van die onderwyspraktyk soos bo genoem (bv. klasbesoeke);
- assistering van personeel om weer op hul studiegidse as draagpunt van hul onderrig, leer en assessering te fokus;
- aanbied van opvoedkundige insette en ondersteuning by relevante forums, soos die Programkomitee, die Onderwysinnovasiekomitee en ander relevante ad hoc-komitees;
- koördinering van die Onderwysinstellingsprogram vir nuut aangestelde lektors (kampuswyd) en verskaffing van voortdurende ondersteuning aan nuwe lektors in die fakulteit;
- aanbied en fasilitering van 'n algemene opleidingsprogram vir tutors;
- fasilitering van ope besprekings tussen tutorkoördineerders;
- UP-wye projekte uit te voer, soos die projek oor “groot klasse”, ondersteuning en uitvoer van opvoedkundige steekproewe en navorsing binne die fakulteit;
- deel wees van e-leerprojekontwikkelingspanne – advisering oor toepaslike leermodelle en ander opvoedkundige aspekte.
Die onderwyskonsultant se werksbeskrywing is onlangs hersien met insette van alle rolspelers om te verseker dat die behoeftes van die fakulteit ten volle in terme van opvoedkundige ondersteuning aangespreek word. Meer hieroor op 'n later stadium.
|